Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 29

N UUS vir ons eie personeel, sowel as IT graduandi en beurse. Ons is betrokke by verskeie projekte waar leerders by hul skole toegang kan bekom tot rekenaars. Een van die jongste privaatsektor inisiatiewe is dié van Apple SA, in terme waarvan I-Pads ingeruil kan word en sommige van die ingeruilde produkte dan aan behoeftige kinders geskenk word. BEHOORT PERSONEEL OPGEWONDE TE WEES OOR DIE TOEKOMS VAN IT EN INDIEN WEL, HOEKOM? Ja, ek dink regtig so. Dink net aan die moontlikhede wat hierdie geïntegreerde klantoplossing bied: • Verhoogde opbrengste met gepaardgaande hoër wins vir die klant; • Doeltreffende bestuur van die klant se insetkoste – geen vermorsing as gevolg van presisieboerdery • • en ‘n veranderlike toepassingstempo (VTT) (VAR: Variable Application Rate) vir kunsmis; ’n Geïntegreerde bestuursoplossing vir onderdele en heelgoedere, gekoppel aan myJohnDeere.com, en  Geïntegreerde voorraadbestuur en bestelling van die oplossing vir die klant. Hierdie is maar ‘n paar van die voordele vir die klant. Dit hou ook aansienlike voordele in vir Senwes as Groep, sowel as vir ons ander rolspelers. HOE LANK GAAN DIT WEES VOORDAT ONS LEWENS IN VIRTUELE WERKLIKHEID GELEI WORD (DIS NIE NODIG OM KANTOOR ••• TOE TE KOM NIE!)? ‘n Interessante vraag! As ‘n mens kyk na die verskillende projekte wat aan die gang is met bestuurderlose voertuie en realiteit wat uitgebrei word, glo ek dit kan dalk gouer kom as wat ons dink! IS IT BESIG OM DIE LEIDING TE GEE MET OPLOSSINGS VIR DIE AGRI-SEKTOR? ‘n Mens moet nooit arrogant wees wanneer dit by tegnologie kom nie, omdat dit voortdurend verandering ondergaan. Ek glo egter dat ons goeie IT-platforms in plek het, wat aan ons ‘n voordeel verleen. Die uitdaging lê in die deurlopende soeke na maatreëls waarmee oplossings uitgebrei kan word en om meer met ons klante te skakel om sodoende te verseker dat ons aan hulle behoeftes voldoen. SENWES SENWES Scenario Scenario •• June/July April/Mei 2015 27