Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 28

••• NUUS Innovering en geïntegreerde oplossings MARTIN VAN ZYL IS ONS NUWE UITVOERENDE BESTUURDER: INNOVASIE EN GEÏNTEGREERDE OPLOSSINGS. SCENARIO HET HOM UITGEVRA OOR SY NUWE ROL. WAT BEHELS JOU NUWE POSISIE? Besighede soos Apple en Amazon het besef dat klante ‘n vinnige en soomlose digitale ervaring verlang, en dat hulle dit dadelik wil hê. Die kern van my nuwe rol is om innoverende besigheidsoplossings te ontwerp en te ontwikkel, wat die totale klante-ervaring sal verbeter en uiteindelik inkomste sal verhoog. WAT IS DIE HUIDIGE TENDENSE IN IT, SPESIFIEK IN DIE AGRI-SEKTOR? Daar is verskeie nuwe ontwikkelings rondom IT in die landbousektor. Dit wissel van basiese weertoepasssings tot baie gevorderde afstand-sensoriese oesbespuitingstoestelle soos die John Deere R4045. Dit integreer die allerbeste sagteware-oplossings met masjientegno