Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 24

••• HA N D E LSN U U S HINTERLAND woeker by Expo’s ANNATJIE LIEBENBERG HUNTEX 2015: Hinterland het vanjaar weer groot sukses by die Huntex Expo behaal. Die oopplanstalletjie het groot byval gevind met verkope wat 25% hoër was as dié van verlede jaar. Die Afrikaanse sanger Jaco du Plessis, of Jay soos hy bekend staan, was vanjaar vir die eerste keer betrokke by Hinterland waar hy ook gehelp het om ‘n hele paar vuurwapens te verkoop. Hinterland het tydens Huntex ‘n wye reeks produkte aangebied wat wapens, ammunisie, teleskope, kleiner addisionele items en herlaaitoerusting ingesluit het. Die herlaaikomponente en -toerusting het die grootste aftrek gekry. Die Hinterland handelsmerk was verlede jaar nog vir klante onbekend maar dit was opvallend hoe vertroud die publiek daarmee geraak het. Hierdie familiariteit en herkenning van die Hinterland handelsmerk skep die nodige gemoedsrus en klante doen met groot vrymoedigheid aankope. NAMPO 2015: Hinterland het tydens Nampo ‘n nuwe uitleg vir die Hinterland saal, waar die buitelewe en wapenreekse meer geïntegreerd was, gehad. Dié strategiese besluit het gesorg vir die beste verkoopsyfers nog. Hinterland personeel van verskillende takke het skouer aan skouer met die beste verkoopspersone van Hinterland se verskaffers gewerk om hierdie suksesverhaal te verseker. Die reekse wat die beste gegroei het was herlaaitoerusting, teleskope en die messe in die buitelewe-reeks. Jay was ook twee dae by die Hinterland saal waar hy gehelp het met bemarkingsaksies. Die aksies was so gewild dat Jay aangebied het om volgende jaar vir die volle vier dae van Nampo saam met Hinterland te werk. 22 June/July 2015 • SENWES Scenario