Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 20

••• NUUS SENWES MEGANISASIE HELPLYN INBELSENTRUM NOU OOP I n die laaste uitgawe van Scenario het ons Senwes se Meganisasie Hulplyn Inbelsentrum bekendgestel waardeur produsente ‘n intydse aanlyn kommunikasiekoppeling kan bekom vir al hul meganisasienavrae. Produsente kan die Hulplyn Inbelsentrum skakel by 018 464 7550 of 018 464 7753. ‘n E-pos kan ook aan mechtech@ senwes.co.za gestuur word. Ferdie Pieterse, Groep Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie, verduidelik die dienste wat via die hulplyn beskikbaar is: “Die hulplyn se primêre funksie is om foutiewe kodes te monitor via die John Deere Farmsight toepassing en die JD-link modem.” “Veronderstel jou John Deere trekker is besig om te oorverhit of dit het dalk ‘n lekkasie, dan sal ons ‘n foutkode ontvang, direk in die hulplyn se rekenaarstelsel. Ons skakel dan die betrokke produsent en stel hom in kennis van die situasie.” “AMS (Agricultural Management Solution) tegnici sal die hulplyn beman, om advies te gee.” “Tweedens kan die hulplyn behulpsaam wees met die opstel en optimalisering van inligtingskerms op jou toerusting. Wanneer ‘n boer byvoorbeeld sy JD vertoonskerm in sy voertuig aktiveer, maar hy vergeet iets, of hy laat na om iets te aktiveer, kan hy direk met ons praat om hom stap vir stap deur die proses te neem.” “Laastens sal die hulplyn ook as ‘n boodskapdiens optree. Sou jy ‘n tegnikus of bestuurder benodig, maar hy is nie op sy selfoon beskikbaar nie, of hy kan byvoorbeeld weens beurtkrag nie bereik word nie, kan die hulplyn geskakel word en hulle sal seker maak dat die persoon na wie jy soek, met jou in verbinding tree.” “Klante kan nou hul JD-link modems bestel en in hul toerusting installeer deur die hulplyn te skakel. Indien jy onseker is of jou toerusting wel die JD-link modem sal kan akkommodeer, skakel ook en ons sal dit bevestig al dan nie.” 18 June/July 2015 • SENWES Scenario