Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 19

HA N D E L SN UUS ••• SUSARI GELDENHUYS Nampo besoekers speel Senwes Grainlink se skynverhandelingspeletjie SAFEX HANDELAARS BY GRAINLINK HET NOGAL PRET GEHAD TOE HULLE BESOEKERS AAN NAMPO, DIE LAND SE GROOTSTE OESFEES, AANGEMOEDIG HET OM DEEL TE NEEM AAN ‘N SKYN-VERHANDELINGSPELETJIE. VOORNEMENDE VERHANDELAARS MOES HUL SLAG PROBEER OM “HUL” GRAAN TOT DIE BESTE VOORDEEL TE VERHANDEL. D ie doel van die speletjie was om “jou” mielies te verkoop teen die hoogste moontlike prys. Jy kry drie kanse om te verkoop, waarvan ‘n gemiddelde prys bereken word. Slegs drie minute is toegelaat om die prys vas te maak en indien al drie nie gebruik is nie, is dit outomaties met die kontrakeindprys aangevul (om dan ‘n gemiddelde prys te bepaal). Aan die einde van die dag is die persoon met die hoogste gemiddelde prys (as ‘n persentasie van al die kontrakpryse uitgedruk) as die daaglikse wenner aangekondig. Dié het dan ook ‘n kans gestaan om die algehele prys te wen. Elke prysreeks word ewekansig gegenereer. Dus gaan geen reeks ooit dieselfde wees nie. Verskeie statistieke, addisionele fundamentele inligting en die grafiek het gedien as hulpmiddels tot die prysbesluit. Die pryse waarvoor daar meegeding is, het die volgende ingesluit: Die Dagprys: ‘n Stanley Lunchbox Die Algehele Weekprys: ‘n Remington 783 jaggeweer en ‘n Vortex teleskoop Gedurende die week is die volgende wenners aangekondig: Dinsdag: Henkie Venter (85.30%) Woensdag: Darius de Klerk (97.20%) Donderdag: Johann Keeve (98.50%) Vrydag: Simon Germishuys (100%) Simon Germishuys, met 100%, het as die algehele wenner uit die stryd getree. SENWES Scenario • June/July 2015 17