Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 11

N UUS ••• GROENTOER DAG WYS WAARAAN AANDAG GEGEE MOET WORD DIE MIDDE–IN BOEREVERENIGING HET IN FEBRUARIE VANJAAR HUL GROENTOER-DAG IN BULTFONTEIN GEHOU. DIE SLOTSOM VAN DIE TOER WAS DAT AANDAG BEHOORT GEGEE TE WORD AAN: • Verhoging van grondbedekking en organiese materiaal in die grond. • Sinvolle praktiese gewasrotasiestelsel. • Grond gesondheid (biologies, chemies en fisies). • Presiese meting van veranderlikes ter bevordering van bestuursbesluitneming. In Bultfontein plant die 40 aktiewe lede van die Midde-In Boerevereniging hoofsaaklik mielies, sonneblom en bone in ‘n bewaringsboerderystelsel. Aangesien die westelike deel van Argentinië feitlik identies aan Bultfontein is, het die studiegroep besluit om die Argentyne se resep van geen-bewerking op sandgrond te gaan ondersoek. Waai-probleme tesame met fisiese en chemiese eienskappe van sandgronde vereis unieke bestuursvaardighede vir volhoubare gewasproduksie. Die kits oplossing vir probleme is geenbewerking. Die media gebruik veral Argentinië, Brasilië en Amerika as bewys van sukses. Plaaslike pioniers in Natal en die Wes-Kaap het ‘n resep uniek volgens hulpbron. In die gewasproduksie gebiede wes van die Drakensberge het een of ander vorm van bewaringsboerdery al standaard praktyk geword. Geen-bewerking is nog in sy kinderskoene. Pioniers wissel van diegene wat ‘n geenbewerkings planter koop en onmiddellik sy hele plaas “no- till” tot diegene wat eers grondregstellings doen, oppervlakbedekking verhoog, grond biologies opbou en geleidelik oorskakel met ‘n gewasrotasie stelsel. Eindelose redenasies van hoe suksesvol dit is, al dan nie, potensiële norme vir sukses asook definisies, is dikwels teenstrydig. Vanweë die kwynende navorsingsvermoë van SA is produsente aangewese om self potensiële oplossings te vind. Al die borge was dit eens met mnr Kobus Steenekamp van Monsanto (hoofborg van die dag) dat hulle dankbaar is om betrokke te wees by die groep boere wat ‘n opvallend positiewe benadering het. Hulle is aangemoedig om moed te hou tydens die droogte. Droogte tegnologie kultivars van Monsanto behoort in 2018 beskikbaar te wees. By profielgate op 6 plase is heelwat inligting tydens die Groentoer-dag gedeel en praktyke bespreek: • Drie jaar geenbewerking mielies en sojabone, asook eerste jaar geen-bewerking sonneblom en mielies. • Daar was gekyk na die effek van ‘n planter se pen sowel as die vermoë van die planter om akkuraat deur growwe en groot hoeveelhede stoppel van verskillende gewasse te plant. Volgens mnr Schreuder SENWES Scenario • June/July 2015 9