•••
AG RI - W E N K E
JACQUES ODENDAAL, PETRUS VAN STADEN, GERRIT OOSTHUIZEN, JOHAN DU TOIT EN GEORGE LE ROUX
RIGLYNE
EN WENKE
DIE NOORDWES- ASOOK DIE SUIDWESTELIKE
GEDEELTE VAN DIE SENWES BEDIENINGSGEBIED
HET GEDURENDE MAART MINDER REËN AS DIE RES
ONTVANG. GEVOLGLIK IS DIE EFFEK VAN ‘N DROË
FEBRUARIE 2015 IN SOMMIGE DISTRIKTE VERERGER.
‘n Vergelyking van die hele
Senwes gebied se totale
kumulatiewe reënval met
die langtermyn kumulatiewe
reënval, toon aan dat die
2014/15 produksieseisoen
amper ‘n gemiddelde reënval
gehad het. Dit beklemtoon
die effek van reënval
verspreiding. Ten opsigte van
veld het reën in die suidelike
dele gelei tot uitstekende
kwaliteit en kwantiteit veld.
AKKERBOU
Waardevolle data is in die
2014/15 seisoen gegenereer.
Waar erge droogteskade
was, behoort praktyke
evalueer te word om
potensiële aanpassings vir die
komende seisoen te oorweeg.
Handige hulpmiddels is bv.
stroperkaarte, sowel as die
grondkaarte. Maak seker
dat die tegnologie vir datainsameling korrek funksioneer.
Stoor data gereeld sodat
dit nie verlore raak nie.
Dié dele wat bevredigende
opbrengste het, behoort
tesame met die graanpryse,
44
positiewe marges te realiseer
wat oordeelkundig benut
behoort te word.
GRONDKUNDE
Grondpotensiaalbepaling en
grondontledings is belangrike