Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 21

HA N D E L SN UUS ••• NUWE GROEP BESTUURSTRUKTUUR I n ‘n deurlopende strewe om die effektiwiteit, doeltreffendheid en buigsaamheid van die organisasie te verbeter, word prestasie, bedrywe en strukture deurlopend van tyd tot tyd bestudeer en hersien, met die doelwit dat Senwes aan sy strategiese doelwitte en prioriteite voldoen. Hierdie deurlopende evaluering en herorganisasie het hoofsaaklik ten doel die verbetering van die spoed, gehalte van besluitneming, uitvoering, toerekenbaarheid en die versekering van ‘n optimaal gebalanseerde leierskapfokus tussen bedrywe en langtermyn beplanning. Ons benadering tot hierdie proses is hoofsaaklik gebaseer op die siening dat leierskapstrukture en rolle en verantwoordelikhede nie gesien moet word as ‘n beplande bestemming nie, maar eerder as dinamiese instrumente om organisatoriese doeltreffendheid te verseker. Hierdie dinamiese strukture sal van tyd tot tyd verander, in lyn met die organisatoriese prioriteite. Dit kan derhalwe tot dienooreenkomstige verandering in mense se rolle en posisionering lei. Gedurende die afgelope drie jaar is daar gefokus op die versterking van ons korporatiewe onderstseunings-funksieplatform, om doeltreffende ondersteuning te verleen aan die onderskeie pilare waarop ons strategie rus. Die prioriteitsdoelwitte in hierdie opsig het bevredigend gevorder en ‘n effektiewe en beste-praktyk platform opgelewer, wat hoë kwaliteit korporatiewe ondersteuningsdienste kan lewer, op ‘n SLA basis, aan ‘n aantal JV entiteite. Uitvoerende leierskap prioriteit fokus sal nou gerig word op die versterking van besigheidsgroei, bedryfsdoeltreffendheid, klantefokus en finansiële kontroles in daardie besighede, sowel as innovering en integrasie tussen die onderskeie gesamentlike bedryfsentiteite. Hierdie fokusverskuiwing sal veranderinge noodsaak, ten opsigte van die funksionering van die leierskapstruktuur sowel as die wyse waarop interaksie plaasvind. Hierdie dinamiese leierskapstruktuur sal dan weer herbelyn moet word om te fokus op die huidige prioriteitsareas. Hierdie reëlings tree vanaf 1 Mei 2015 in werking. Ek sien uit na jou samewerking om hierdie reëlings te laat werk, en jou volgehoue ondersteuning aan al die lede van die Groep- Uitvoerende Komitee, in die nastrewing van ons strategiese doelwitte. Francois Strydom Besturende Direkteur SENWES Scenario • June/July 2015 19