Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 36

NUUS PRAAT MET THEO Senwes gee raad aan primêre produsente en prosesseerders Senwes het in 'n reeks gesprekke met Theo Vorster, Hoof Uitvoerende Beampte van Galileo Capital, ‘n paar knelpunte van die Covid-19 pandemie aangeraak en verduidelik wat elke klante sowel as hul besighede nie uit die oog moet verloor nie. Johan Le Grange Bestuurder: Korporatiewe Handelsmerke Theo is al sedert 1989 in die finansiëledienstebedryf en gee sy onafhanklike opinie in dié 6 opnames oor die impak van die Covid-19 pandemie. Die impak van Covid-19 op Suid-Afrika Theo Vorster praat oor die impak van die Coronavirus op Suid-Afrika. Die eerste in ‘n reeks video’s waar Senwes sy klante, primêre produsente en prosesseerders, raad gee oor hoe om die Covid-19 pandemie te hanteer. Die impak van Covid-19 op die ekonomie Theo Vorster praat oor die impak van die Coronavirus op die ekonomie. Hierdie is die tweede video in die reeks waar Senwes sy klante, primêre produsente en prosesseerders raad gee oor hoe om die Covid-19 pandemie te hanteer. Die impak van Covid-19 op die landbousektor Theo Vorster praat oor die impak van die Coronavirus op die landbousektor. Hierdie is die derde video in die reeks waar Senwes sy klante, primêre produsente en prosesseerders raad gee oor hoe om die Covid-19 pandemie te hanteer. Wat doen ek en my besigheid nou? Theo Vorster praat oor klante en waarop hul besighede nou moet fokus. Hy verwys spesifiek na kontanvloei, jou kernbesigheid en die rolspelers aan beide kante van jou in die waardeketting. Hierdie is die vierde video in die reeks waar Senwes sy klante, primêre produsente en prosesseerders, raad gee oor hoe om die Covid-19 pandemie te hanteer. Wat moet ek en my besigheid nie nou doen nie? Theo Vorster praat oor dit wat klante en hul besighede nie nou moet doen nie. Hy stel voor dat klante aannames afwaarts aanpas, begrotings herbesoek, wegbly van groot projekte en nie moet aanneem dat die ekonomie dadelik weer gaan wees soos wat dit was voor die virus nie. Hierdie is die vyfde video in die reeks waar Senwes sy klante, primêre produsente en prosesseerders raad gee oor hoe om die Covid-19 pandemie te hanteer. Wat is die verskil tussen paniek en beplanning? Theo Vorster oor praat rasionele teenoor emosionele besluitneming en stel dit dat klante na die feite moet kyk en meganismes in plek te moet sit om emosies te bestuur. Emosionele besluite is gewoonlik die verkeerde besluite. Wees realisties oor aannames. Hierdie probleem gaan met ons wees vir ten minste die volgende 12-maande. Hierdie is die sesde video in die reeks waar Senwes sy klante, primêre produsente en prosesseerders, raad gee oor hoe om die Covid-19 pandemie te hanteer. 34 SENWES SCENARIO | WINTER 2020