Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 32

LANDBOUKUNDIG: PROMOSIE Mikotoksiene: ’n Nuwegenerasie-oplossing Verliese weens mikotoksiene kos die wêreld se veeteeltbedryf miljarde rande per jaar. Daarom is ’n doelgerigte oplossing om hierdie verliese te bekamp, deurslaggewend. ’n Mikotoksiendeaktiverende voerbymiddel met ’n drievoudige benadering bied juis so ’n oplossing. Die jongste Biomin Mikotoksienopname (2019) vanuit die Afrika-streek, toon dat voergereedprodukte en roukommoditeite dikwels skadelike mikotoksiene bevat teen vlakke wat ’n bedreiging vir dieregesondheid en -prestasie inhou. Die mikotoksiene wat meestal in monsters voorgekom het, is deoksinivalenool (DON), fumonisien (FUM) en zearalenoon (ZEN). Dit word gevolg deur aflatoksien (AFLA), T-2-toksien (T-2) en okratoksien-A (OTA). FUM en DON is in vier uit die vyf mieliemonsters wat getoets is, geïdentifiseer. In voergereedprodukte het FUM die hoogste voorkoms getoon. Al die koringsemelmonsters wat getoets is, was met DON besmet. Hooi- en grasroumateriale wat nie gewoonlik oorweeg word nie, het ’n hoë voorkoms van ZEN en FUM getoon. Wedersydse blootstelling Ons weet uit dekades se navorsing oor mikotoksiene, dat hulle geneig is om in groepe voor te kom. Hierdie verskynsel, wat bekend staan as wedersydse blootstelling of -kontaminasie, is nie net algemeen nie, maar hou ook verdere risiko’s vir diere in. Volgens die bogenoemde 2019 Afrika Biomin Mikotoksienopname, het die monsters wat ontleed was gemiddeld 34 verskillende mikotoksiene en metaboliete per monster getoon, met 97% van die monsters wat Fusarium-gifstowwe bevat het. Inaggenome die verskeidenheid mikotoksiene wat gesondheid en prestasie kan benadeel, is ’n veeldoelige benadering duidelik nodig om diere beter te beskerm. Biomin se wetenskaplike navorsing van die afgelope paar dekades rakende die deaktivering van mikotoksiene, het ‘n voerbymiddel of mikotoksien-deaktiveerder, Mycofix® 5.0, gelewer wat in drie verskillende aksies volledige beskerming teen mikotoksiene bied. Hierdie aksies is biotransformasie, adsorpsie en biobeskerming. Wedersydse mikotoksienkontaminasie is die reël, nie die uitsondering nie. Dit is dus belangrik dat die mikotoksienproduk wat gebruik word, verskillende komponente besit om ’n wye verskeidenheid mikotoksiene teen te werk. ’n Nuwe eienskap van Mycofix® 5.0 is dat die onderskeie bestanddele gemik is op enkele, spesifieke mikotoksiene, maar ook onomkeerbaar is deur biotransformasie – dit kan dus nie ongedaan gemaak word nie. Behalwe die bestanddele wat trigoteseen, ZEN, OTA en AFLA deaktiveer, sny ’n gepatenteerde gesuiwerde ensiem in die produk die twee trikarballielsuurkettings van die FUM-molekules af. Danksy gesuiwerde ensiemtegnologie word FUM’e teen ’n hoë spoed gehidroliseer tot nie-giftige metaboliete. Beter biobeskerming Nog ’n nuwe kenmerk is die verbeterde biobeskerming wat Mycofix® 5.0 bied. Waar mikotoksiene selgroei in die immuunstelsel belemmer en diere se weerstand sodoende verswak, bevorder die biobeskermingsmengsel in die produk immuunselproliferasie wat die lewer en immuunstelsel onderhou. Die doeltreffendheid van hierdie wetenskaplik- beproefde mengsel van sorgvuldig geselekteerde plant- en alge-ekstrak, word gestaaf deur die resultate van ’n transepiteel elektriese weerstandstoets (TEER). Hierdie toets meet die integriteit van sellae in epiteelselle van die ingewande. Mikotoksiene verlaag die elektriese weerstand in hierdie selle deur die sellaag oop te maak sodat patogene die bloedstroom maklik kan binnedring. Mycofix® 5.0 voorkom hierdie lekkasies en ondersteun die ingewande se sellaag en versperringsfunksie. Endotoksiene, ook bekend as lipopolisakkariede (LPS), vorm deel van die buitenste membraan van alle Gram-negatiewe bakterieë se selwande. Dit kan ’n sterk immuunrespons teweegbring. Die kombinasie van die bentoniet in die jongste weergawe van die produk tesame met die nuwe, beter biobeskermingsmengsel, bied ’n goeie strategie vir die beheer van die negatiewe impak van endotoksiene. EU-gereguleer Europese Kommissie (EK) regulasienommer 1831/2003 bepaal die reëls ten opsigte van die Europese Unie (EU) se magtiging vir die gebruik van bymiddels in dierevoeding. Bymiddels is op grond van hul funksies in verskillende kategorieë en groepe ingedeel. Mycofix® 5.0 bevat die enigste drie EU-gemagtigde bewese voerbymiddels wat skadelike mikotoksiene adsorbeer of mikotoksiene biologies omskep in nie-giftige metaboliete (regulasie 1016/2013, 1060/2013 en 1115/2014). Elke bestanddeel is volgens wetenskaplike, praktiese en toepaslike veldtoetse geëvalueer om veiligheid en doeltreffendheid te verseker. 33 30 SENWES SCENARIO | WINTER 2020