Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 29

LANDBOUKUNDIG Veselverskaffers Byprodukte mag ‘n voordeel vir herkouers inhou as gevolg van die veselinhoud van die produk. ‘n Belangrike oorweging by veselryke produkte is hitteskade wat tot lae voedingswaarde kan lei. Die behandeling van hoë veselprodukte met sure, alkalie en/ of stikstof kan die verteerbaarheid verhoog. Voorbeelde van hierdie voere is oliesaaddoppe (sojaboon, katoensaad), vrugte en groentepulp (druif, sitrus, sagtevrugte, aartappels, wortels), graansaaddoppe (hawer, gars, koring). Vetverskaffer Vet word vir herkouers verskaf om die energiekonsentrasie van voer te verhoog wat by hoogproduserende melkbeeste asook voerkraalbeeste vir beter produksie gebruik kan word. Daar is wel ‘n beperking op die maksimum vlakke van vet wat gevoer kan word, waar ‘n oorskryding tot voedingsteurnis, afname in inname en produksieprestasie aanleiding kan gee. Voorbeelde van vetverskaffers is diervetafval (Tallow), spesifieke beskermde vette en olies. Algemene begrippe en aanbevelings Die samestelling van alternatiewe voere verskil soms drasties en varieer gedurig. Dit maak die ontleding of bepaling van die voedingswaarde van hierdie voere op een of ander wyse noodsaaklik. Indien hierdie voere gebruik word, moet die proteïen, die totale beskikbare en dus vorm van energie, asook die makromineraalinhoud bekend wees om ‘n gebalanseerde voer saam te stel. Watter voer ookal vir diere verskaf word, moet dit voedingstofgewys gebalanseerd wees. Dit is nodig om maksimum vertering en daarom inname te kan verwag en daarom aan die dier se behoefte te voldoen en maksimum produksie te verwag. uppe marketing A19498 Vir winterlekke wat jou sak pas Winterlek Jou diere verdien net die beste. Wanneer dit kom by hul welstand, is daar geen kortpaaie nie. Gebruik jou eie plaasgeproduseerde produkte saam met Yara Animal Nutrition SA se produkte en spaar. Maak Yara jou vennoot in die verskaffing van kwaliteitprodukte en resepte om jou lekkoste drasties te verminder. Voorbeeld van ‘n winterlek vir beeste en skape: Hulle sal hulle lippe aflek ... Beeslek Skaaplek Mieliemeel/Hominy Chop 250 250 Oliekoek - 150 Voergraad Ureum 150 100 Kimtrafos 12 Grandé/PhosSure 12 150 100 Kalori 3000 50 50 Voergraad Swael 7 5 Sout 350 350 Totaal 957 1005 Innoverende oplossings in dierevoeding! www.yara.co.za/animal-nutrition/ [email protected] | Tel: +27 (0)31 910-5100 Samestelling g/kg g/kg Ruproteïen 475 367 % Vanaf NPN 95.6 77.5 ME 3.8 MJ/kg 5.25 MJ/kg Kalsium 41 27 Fosfaat 21 14 Swael 8 5 Inname Beeste (g/bees/dag) 350-500 450-650 Inname Skape (g/skaap/dag) Nie geskik 80-120 Kalori 3000 - Reg Nr. V2809, Voergraad Ureum - Reg Nr. V15681, Voergraad Swael - Reg. Nr. V16738, Kimtrafos 12 Grandé - Reg. Nr. V18670, PhosSure 12 - Reg. Nr. V12858. Alle produkte geregistreer onder Wet 36 van 1947 Yara Animal Nutrition Suid-Afrika (Edms) Bpk. Reg. Nr. 2001/025850/07 SENWES SCENARIO | WINTER 2020 27