Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 27

LANDBOUKUNDIG het. Gewoonlik sal ‘n dier voer vreet totdat die rumen gevul is en veselryke voer vul die rumen vining. Om hierdie rede het die veselinhoud van voer ‘n direkte verband met die droëmateriaalinname van voere. Sekere voere mag ook ‘n mineraal- en/of proteïentekort of wanbalans hê wat maklik met voerkonsentrate reggestel kan word. Rumen anatomie Om die maksimum vertering van voere en dus produktiwiteit van ‘n produksiestelsel te bereik, is dit kernbelangrik om die die funksionering van die rumen met die ingewikkelde simbiotiese verhouding tussen rumenmikrobes en die herkouer self, te verstaan. Om van alternatiewe voere gebruik te kan maak, is dit nodig om te verstaan hoe die rumenstruktuur en die rumenmikrobepopulasie saamwerk. Herkouers het een maag wat in vier dele verdeel is naamlik die rumen, retikulum, omasum en abomasum. Die rumen en retikulum is waar die meeste vertering of fermentasie en voedingstofabsorpsie plaasvind. Die rumen het self ‘n vloeistoffase, ‘n rumenmat wat op die vloeistof dryf en herkou stimuleer, asook ‘n gasfase wat bo die rumenmat versamel. Spierpilare in die rumenwand verdeel die rumen in sakke en hierdie spiere is vir die sametrekking of beweging van die rumenwand verantwoordelik. Hierdie sametrekking verseker dat die rumeninhoud met die mikrobes vermeng word en ook dat verdere herkou plaasvind. Die rumenwand is met klein vingeragtige papillae bedek wat die absorpsieoppervlakte seker tot tienvoudig verhoog. Hierdie papillae vermeerder en verkort soos die voersamestelling verander. Net so verander die mikrobesamestelling as die voerinhoud verander. Dit moet in aanmerking geneem word as nuwe/ alternatiewe voere vir diere gegee word. Rumenmikrobes Die mikrobepopulasie word deur ‘n kenmerkende ekologiese balans wat in die rumen heers, gereguleer. Die temperatuur word deur die dier se homeotermiese metabolisme gereguleer terwyl die suurgehalte of pH grootliks deur die verwydering van sure deur absorpsie beheer word. Die pH bly relatief konstant te midde daarvan dat gedurig groot hoeveelhede suur in die rumen geproduseer word. Die osmotiese druk en ionise konsentrasie word stabiel gehou terwyl eindprodukte en afvalprodukte effektief uit die rumenomgewing verwyder word. Al die faktore wat ‘n impak op die mikrobe se omgewing maak, word streng beheer. Die primêre rol van die rumen is om vesel (sellulose en hemisellulose) te verteer. Lignien, die derde komponent van vesel bly onverteerbaar maar speel 'n belangrike rol in die herkouproses. 26 SENWES SCENARIO | WINTER 2020 25