Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 26

LANDBOUKUNDIG Tema: Fokus op fee Alternatiewe voerbronne vir herkouers Wat moet in aanmerking geneem word? Voer is die grootste enkele koste in beesproduksiestelsels en is alternatiewe en goedkoper voer altyd in oorweging. Daar is verskillende roumateriale wat in herkouervoer ingesluit kan word en is daar nie noodwendig enige spesiale aspekte wat oorweeg moet word nie. Wat belangrik is, is watter voedingstowwe die spesifieke produk vir die herkouer kan verskaf. Beesproduksiestelsels is gewoonlik afhanklik van ruvoere as die basis van die voerprogram. Vir optimum produksie moet ruvoere egter met energie en/of proteïen aangevul word om aan die diere se produksiebehoefte te voldoen. Verskillende alternatiewe byprodukte is deesdae teen relatief lae koste beskikbaar wat as alternatiewe voer gebruik kan word. Dr Kobus Swart Dierevoedingskundige Diere kan nie die voedingwaarde van ‘n voer benut indien die voer nie ingeneem word nie. Gevolglik is vrywillige voerinname die van uiterste belang. Daar is nie ‘n enkele maatstaf wat die voerinname kan voorspel nie, maar daar is inherente eienskappe van voere wat die vrywillige voerinname beperk. Die droëmateriaalinname van voer word direk deur die verteerbaarheid van die voer bepaal, wat weer ‘n funksie van ‘n gebalanseerde voer is. Herkouers het ook ‘n behoefte aan effektiewe vesel om oor die lang termyn ‘n gesonde verteringskanaal en –funksie te kan handhaaf. Grane is laag in veselinhoud terwyl weidings, hooie, kuilvoere en sekere byprodukte ‘n hoë veselinhoud 24 SENWES SCENARIO | WINTER 2020