LANDBOUKUNDIG
Bekalk, dit is hoog tyd
Optimale saaiboerderypraktyke begin met betroudare monsterneming en ‘n goed
beplande bekalkingsprogram. Sodoende word die pH-vlakke reggestel tot op die vlakke
wat gewasse nodig het om optimaal te groei.
� Dons Jordaan
Bastion: Groep Bemarkingsbestuurder
Dit is soms moeilik om bekalking
in die reeds besige skedule in
te pas. Die venstertydperk van
stroop tot bewerking is kort en met die
Augustuswinde is dit moeilik om alles
ingepas te kry. Op oorlêlande is dit
aangewese om betroubare monster-
neming in die herfs te laat doen en dan
reeds te bekalk. Lande wat nog gewasse
op het gedurende die herfsmaande, sal
egter eers gemonster kan word sodra die
oesproses afgehandel is en dan in die
lente (Sep-Nov) bekalk word. Dit is ook
dan wys om hierdie kalk sommer in te
werk met een van die primêre bewerkings
soos dieprip, ploeg of skoffel en so-
doende op bewerkings te bespaar.
Grondmikrobes wat verantwoordelik is
vir die afbreek van organiese materiaal
in die grond en die mineralisering van
stikstof, word geïnhibeer deur suurgronde.
Bekalking in die lente lewer dus reeds
die voordeel met die warm en vogtige
toestande wat bevordelik is vir die grondmikrobeaktiwiteite.
Lentebekalking gee
ook genoeg tyd vir die kalk om te begin
om die grondsuur te neutraliseer voor die
volgende gewas geplant word. Hierdie
neutralisering vind nie alles dadelik plaas
nie, maar is ‘n faktor van die fynheid van
die produk en die reaktiwiteit van die
bron.
Bekalking verhoog die beskikbaarheid
van bemestingstowwe en verbeter grondstruktuur.
Die waarskynlikheid van mangaan-
(Mn2+) en aluminium toksisiteit
(Al3+) verlaag en verbeter simbiotiese
stikstofbindings in peulgewasse.
Lande wat kalk benodig word geidentifiseer
op grond van die volgende:
• Lande kan geïdentifiseer word op
grond van prestasie wat afneem. Tipies
sal ‘n land se opbrengs stadig begin
afneem en selfs skielik een jaar glad nie
meer presteer nie. So ‘n land se bekalkingskedule
moet getrek word en so
gou moontlik reggestel word
• Meeste produsente is op ‘n vaste
bekalkingskedule van 3 tot 4 jaar.
Hierdie praktyk voorkom dat bekalkingskoste
handuitruk. Die produsent bestuur
dus die monsterneming en koste verbonde
aan bekalking as deel van sy
bemestingsprogram en kan daarvoor
begroot. Gereelde bekalking voorkom
ook die versuring van die ondergrond,
wat baie moeilik is om weer op te hef.
Produsente bekalk saaigrond om pH
(KCl) vlakke bo 5,5 te kry. Volgens die
navorsing wat deur dr Pieter Haumann
in 1986 reeds gedoen is, word daar nie
meer opbrengsverliese verwag indien
die grond se pH (KCl)-waardes bo 5,2
gehou kan word nie. Produsente bekalk
juis daarom tot op ‘n vlak van 5,5, want dit
moet in gedagte gehou word dat daar 3
jaar gaan verloop voor die spesifieke land
weer bekalk gaan word. Dr Haumann se
studie het verder bewys dat sou die pH
(KCl) vlakke onder 4,4 daal, daar reeds
10% opbrengsverliese vewag word. Sou
die pH (HCl) egter onder 4 daal, kan die
opbrengsverlies so groot as 30% wees.
By pH-waardes van bo 5,5 (KCl), is die
toeganklikheid van voedingselemente
optimaal en funksioneer die grondmikrobes
ook op hul beste. Weens die
hoë koste van bemesting (kunsmis en
kalk), is sommige produsente geneig om
veral op bekalking te bespaar, terwyl dit
juis die belangrikste middel vir neutralisering
van suurgrond is om die beskikbaarheid
van voedingstowwe te optimaliseer.
Kalsium en magnesium maak ‘n integrale
deel van ‘n gewas se voedingsbehoeftes
uit, dus is dit van die uiterste
belang dat plante nie aan hierdie
voedingstekorte onderwerp word nie.
Bekalking voor planttyd is ongetwyfeld
die enigste manier om die probleem van
kalsium- en magnesiumtekorte op te los.
Hierdie tekorte sal egter slegs met die
regte soort kalk en die regte bekalkingsprogram
voordat geplant word, reggestel
kan word.
Bekalk en bemes jou grond vir optimale
produksie. Met dank aan Jan du Toit:
Landboukindige Omnia.
SENWES SCENARIO | WINTER 2020 23