Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 18

LANDBOUKUNDIG 13 | Hoe groot is die ureum risiko in my lek skeiding van lekbestanddele te voorkom. Waak veral teen ureumklonte en verseker dat die personeel wat dit meng, deeglik bewus is van die hoeveelhede wat ingesluit moet word. ‘n Berekeningsfout kan ernstige nadelige gevolge hê. u Waak teen lekke wat rou sojabone bevat, aangesien dit ook urease bevat wat die omskakeling van ureum na ammoniak kan versnel. u Moet ook nie lek in ou kunsmissakke berg nie. u Verseker dat lekke nie natreën nie en dat krippe goed dreineer. u Buitefaktore wat bevorderlik is vir ureumvergiftiging sluit in parasitiese lewerbeskadiging, domsiekte en die inname van gifplante. u Wees veral bedag waar beeste en skape saam wei. Dit is bekend dat skape meer vatbaar is vir ureumvergiftiging as beeste. ‘n Beeslek is nie ‘n bees- én skaaplek nie! Ten slotte Dit blyk duidelik uit verskeie proewe dat ureum uit ‘n ekonomiese oogpunt, geen gelyke het wat die verskaffing van stikstof aan rumenmikrobes vir die optimale benutting van veral laer-gehalte winterweidings betref nie. Ons weet ook dat koste-effektiewe, strategiese lekaanvullings onlosmaaklik deel is van die handhawing van goeie liggaamskondisietellings, met gevolglike verhoogde produksie- en reproduksieprestasie (kalfpersentasie, speengewig, herkonsepsiekoers, ens.) Ureum en die korrekte bestuur daarvan is dus ‘n sleutelkomponent vir die versekering van goeie, gesonde mikrobefunksionering en om die uitdagings wat met lae-kwaliteit weidings gepaardgaan (onsmaaklikheid, lae inname, lae verteerbaarheid), kostedoeltreffend die hoof te bied. 16 SENWES SCENARIO | WINTER 2020