Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 11

NUUS Intussen het Senwes, Bayer en Graan SA ook hande gevat en produsente sal nou een sak DEKALB saad (kultivar van hul keuse) ontvang vir elke 2 ton wit/geel mielies wat geskenk word op leweringsnommer 418688, komplimente van Bayer. Produsente kan soveel mielies skenk soos wat hul wil, hoewel die meevaller vanaf Bayer beperk word tot 'n maksimum van 5 sakke DEKALB saad vir 10 ton mielies gelewer, per produsent. Die aanbod sal ophou wanneer die limiet van 2,250 sakke bereik word of teen die verstrykingsdatum van 15 September 2020; watter een ook al eerste plaasvind. DIE PROSES SKENKINGS HANTERING LOGISTIEK VERWERKING AFLEWERING GEMEENSKAPPE per ton, sal die produksiewaarde meer as R40 miljard beloop. Gedurende 'n tyd van uiterste ontbering vir baie mense, kan die bedryf 'n beduidende rol speel in die stabilisering van die gemeenskap en om voedsel te verskaf aan die armstes van die gemeenskap gedurende die pandemie, wat waarskynlik vir 'n verdere agt tot tien maande kan duur", volgens Karen Grobler, Agbiz Bemarkings- en Kommunikasiebestuurder. Maak 'n bydrae tot hierdie saak deur mielies te lewer by enige Senwes Grainlink silo op leweringsnommer 418688. Ander bydraes buite hierdie spektrum en kontant skenkings kan gemaak word deur na die ‘AVC Food Umbrella’ webtuiste te gaan by www.senwes.co.za/avc-food-umbrella. Meel by die tonne Die eerste vrag wit mielies van Senwes se 100 ton skenking tot die #AVCFoodUmbrella is vanaf die #SenwesGrainlink Silo in Kroonstad na Premier waar dit gemaal en verpak is en vandag is die 21,45 ton, of te wel 4 290 5kg sakke mieliemeel na Hinterland vervoer waarvandaan die verspreiding gedoen word. Dankie aan al die vennote. #SenwesGrainlink #Grainovation #ThusoMills #LFCMilling EendagMeule / E-Milling Itau Group Premier FMCG Pty Ltd Navrae: Johan Le Grange (Jnr) Tel: +27 18 464 7521 [email protected] www.senwes.co.za SENWES SCENARIO | WINTER 2020 9