Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 10

NUUS Senwes loods ‘AVC Food Umbrella’ Leweringsnommer 418688 nou oop vir donasies Senwes vat hande met landboubesighede en rolspelers in die waardeketting met die loodsing van die 'Agri Value Chain Food Umbrella’. Die doel van die inisiatief is om die gebrek aan voedsel en desperaatheid wat in arm gemeenskappe ervaar word, waar die vernietigende effek van die grendeltyd baie meer algemeen is, aan te spreek. Johan Le Grange Bestuurder: Korporatiewe Handelsmerke Die ‘AVC Food Umbrella’ kan as die voertuig beskou word wat 'voedsel vanaf die boer' verkry en samewerking verseker tussen primêre produsente, landboubesighede, logistieke maatskappye, verwerkers en distribusiesentrums ten einde 'n gesamentlike doel te bereik, naamlik om uit te reik na gemeenskappe wat gedestabiliseer is deur die effek van die pandemie. Hierdie inisiatief volg na 'n beroep wat deur Agbiz gedoen is om voedselsekuriteit te verseker te midde van die ontwrigte ekonomiese aktiwiteite in die grendeltyd as gevolg van die uitbreek van die Covid- 19 pandemie. Ter ondersteuning van Agbiz se Voedselverligtingsprojek, het Senwes as drywer opgetree deur ander groot rolspelers in die landbousektor aan te moedig om bydraes tot hierdie saak te maak. Wanneer produsente donasies aan die ‘AVC Food Umbrella’-rekening maak, sal Senwes se silo's die mielies ontvang, hanteer en opberg. Senwes se logistieke filiaal, Grainovation, sal die vervoer borg en die mielies vanaf die silo na die meule vervoer. Die meulens sal die mielies gratis maal en verpak, waarna Senwes die verspreiding van die mielies na ouetehuise, voedselskemas en plaasskole sal fasiliteer. Senwes beoog om 5 miljoen mense met die projek te voed en het die ‘AVC Food Umbrella’ 418688-rekening met ‘n skenking geopen wat sal toesien dat 14 000 5kg sakkies mieliemeel aan behoeftiges uitgedeel word, genoegsame mieliemeel om 158 730 te voed. Skenkings vanaf Senwes se nie-uitvoerende direkteure en ‘n kontant skenking van TWK Communications sorg vir vroeë momentum en hongerpyne wat gestil kan word. “Konserwatief geskat, sal Suid-Afrika binnekort sy tweede grootste mielieoes van ongeveer 15,5 miljoen ton begin oes, danksy 'n geseënde produksieseisoen. Teen 'n gemiddelde prys van R2 700 Senwes doen derhalwe 'n beroep op produsente wat boerdery bedryf in gemeenskappe wat by hierdie inisiatief sal baat vind, om 'n paar ton van hul oes aan hierdie verdienstelike saak te skenk. 8 SENWES SCENARIO | WINTER 2020