Senwes Scenario Junie - Augustus 2020 Winter 2020 | Page 43

GRAANMAKELAARS NUUS 40 | Invloedryke markprysdrywers As 'n mens byvoorbeeld kyk na die stand van sake van die faktore tydens die plantvenster vir lewering in Julie 2020, kan ‘n vergelyking op grond van die algemene prysneiging en El Niño/La Niña-verwagtings tydens die plantvenster in Tabel 2 saamgevat word. Hierdie analise dui aan dat die 2019-2020 faktore vergelyk kan word met die 2003-2004, 2012-2013 en 2013-2014 produksiejare. Op grond van hierdie vergelyking, bied die model 'n verwagting van die prysvorming vir die 2020 Julie WM-prys wat sywaarts tot laer is. Hierdie verwagting kon aan produsente die nodige inligting bied om meer optimale prysrisikobestuursplanne te implementeer. Vir meer inligting oor hierdie resultate, kontak asseblief vir Frans Dreyer (Graanmakelaars, 018 464 7786). SENWES SCENARIO | WINTER 2020 41