Senwes Scenario June / July 2017 - Page 16

••••
PROMOSIE-ARTIKEL

Muf en mikotoksiene Hoe beïnvloed dit die prestasie van

14
DIE MEESTE VOER VIR LEWENDE HAWE BEVAT MUF- EN SWAMSPORE . GEDURENDE HIERDIE SOMER HET DIE GEREEL- DE REËN ’ N UITDAGING GESKEP VIR HOOIPRO- DUSENTE WAT BEOOG HET OM HOOI TE SNY , TE BAAL EN TE STOOR .

Dit is belangrik om die impak wat reën op hooi , graan en kuilvoer kan hê , te besef . Benewens die verlies aan voedingstowwe , is ’ n ander belangrike komponent van voerwaarde die groei van muf en teenwoordigheid van mikotoksiene . Muf het vog ( relatiewe humiditeit van bo 70 %), suurstof ( ten minste 1 tot 2 % O 2 ), tyd en die regte temperatuur ( veranderlik na gelang van die spesie ; hoë temperature bevorder Aspergillus , lae temperature bevorder Fusarium ) nodig om te groei .

Nat , styf-gebaalde hooi verskaf ’ n vogtige , donker omgewing vir muf om te groei . Gewoonlik beïnvloed muf die smaak en daaropvolgende inname van hooi deur lewende hawe . Muf kan op graan in die land , terwyl dit gestoor word of in die kuilvoerbunker groei . Weerstoestande kan mufgroei op gewasse op die land raak . Graan word gewoonlik droog gehou om te voorkom dat muf groei terwyl dit gestoor
JUN / JUL 2017 • SENWES Scenario
word . Muf wat gewasse op die land besmet , kan verskil van dié wat groei terwyl die gewas gestoor word of in die kuilvoerbunker is . Mikotoksiene is die sekondêre produkte wat sommige muf / swam spesies produseer en kan giftig wees vir diere indien dit teen vlakke wat hoog genoeg is , ingeneem word .
MUF EN MIKOTOKSIENE SAL DIE VERTERINGSPROSES NEGATIEF RAAK Muf in voerkomponente kan beesproduksie negatief raak as gevolg van die invloed op voedingswaarde , mikose en miko toksikoses . Mikose is ’ n siektetoestand wat deur die muf en swamme self veroorsaak word , en mikotoksikose is ' n siektetoestand wat deur die mikotoksiene veroorsaak word . Die swam self kan dus produksieverliese veroorsaak wat apart van , en bykomend tot enige toksiese effek voorkom .
Trouens , verskeie swamme word met negatiewe gesondheidseffekte op plante , diere en mense verbind . In talle kliniese gevalle wat gerapporteer is , is dit moeilik om die uitwerking van mikose en dié van mikotoksikoses te skei . Produsente vermoed gewoonlik dat mikotok siene die vernaamste sondaars is wanneer laer voerinname , diarree , aborsies , swak gewigstoename of vrektes waargeneem word . Selfs waar dit in lae vlakke aanwesig is , kan die inname van veelvuldige mikotoksiene nadelig wees vir beeste se gesondheid en prestasie . Produsente moet proaktief wees en mikotoksienteenwoordigheid en -vlakke moniteer en ’ n mikotoksienbestuursprogram inkorporeer .
Terwyl mikroörganismes ( protosoë ) in die grootpens wel tot ’ n sekere mate van hierdie toksiene onskadelik kan maak , kan van hierdie metaboliete ( afbraakprodukte ) van sulke toksiene net so of selfs meer toksies wees . Wanneer hierdie mikotoksiene deur mikrobes in die grootpens verander word , word hulle omgeskakel na produkte wat soms meer toksies as die oorspronklike mikotoksien kan wees . Sekere protosoë kan egter net op bepaalde mikotoksiene inwerk . Vir sommige mikotoksiene is daar geen protosoë in die grootpens beskikbaar wat hulle kan afbreek nie , en beeste word aan die negatiewe uitwerking daarvan blootgestel .
Daar moet altyd onthou word dat mikotoksiene ’ n negatiewe uitwerking op die grootpensomgewing en -aktiwiteit sal hê – selfs voordat die diere self aangetas word . Sommige van hierdie mikotoksiene en metaboliete het ook ’ n antibiotiese uitwerking en kan die grootpens se mikrobiese omgewing versteur , en so die weg vir ander muftoksiene , giste en bakteriële gevare baan .
Dieet speel ook ’ n rol . Wanneer voerkraalbeeste en melkbeeste hoër verhoudings graan gevoer word , word die grootpens se pH verlaag , en so ook die vermoë om mikotoksiene af te breek . Robuuste grootpensfermentasie is belangrik om maksimum mikotoksienafbreking in die grootpens te bewerkstellig . Die gebruik van buffers en voldoende effektiewe vesel om grootpensfunksie te stimuleer is noodsaaklik .
•••• P ROMOSI E - AR T I K EL Muf en mikotoksiene Hoe beïnvloed dit die prestasie van DIE MEESTE VOER VIR LEWENDE HAWE BEVAT MUF- EN SWAMSPORE. GEDURENDE HIERDIE SOMER HET DIE GEREEL- DE REËN ’N UITDAGING GESKEP VIR HOOIPRO- DUSENTE WAT BEOOG HET OM HOOI TE SNY, TE BAAL EN TE STOOR. D it is belangrik om die impak wat reën op hooi, graan en kuilvoer kan hê, te besef. Benewens die verlies aan voeding­ stowwe, is ’n ander belangrike komponent van voerwaarde die groei van muf en teenwoordigheid van mikotoksiene. Muf het vog (relatiewe humiditeit van bo 70%), suurstof (ten minste 1 tot 2% O 2 ), tyd en die regte tempera­ tuur (veranderlik na gelang van die spesie; hoë temperature bevor­ der Aspergillus, lae temperature bevorder Fusarium) nodig om te groei. Nat, styf-gebaalde hooi verskaf ’n vogtige, donker omgewing vir muf om te groei. Gewoonlik beïnvloed muf die smaak en daar­ opvolgende inname van hooi deur lewende hawe. Muf kan op graan in die land, terwyl dit gestoor word of in die kuilvoer­ bunker groei. Weerstoestande kan mufgroei op gewasse op die land raak. Graan word gewoon­ lik droog gehou om te voorkom dat muf groei terwyl dit gestoor 14 word. Muf wat gewasse op die land besmet, kan verskil van dié wat groei terwyl die gewas gestoor word of in die kuilvoerbunker is. Mikotoksiene is die sekondêre produkte wat sommige muf/swam spesies produseer en kan giftig wees vir diere indien dit teen vlak­ ke wat hoog genoeg is, ingeneem word. MUF EN MIKOTOKSIENE SAL DIE VERTERINGSPROSES NEGATIEF RAAK Muf in voerkomponente kan bees­ produksie negatief raak as gevolg van die invloed op ٽ )݅ɑ͔ ѽͧ )̸͕5͔̃eͥѕѽх)݅Ёȁ՘݅)͕ٕɽͅݽɐ )ѽ͔ͥ̀ͥѕѽх݅)ȁѽٕͥɽͅ)ݽɐ͕݅)ɽխٕͥɱ͔ٕɽ݅ͅ)Ёم孽ѽЁ)ѽ͔ͥٽɭ)QɽՕ̰ٕͭ݅)ݽɐЁѥݔͽ )єєɔ͔)ٕɉ%х͔م)݅ЁɅѕȁ̰́Ё)եݕɭم͔)مѽ͕ͥ́єͭ)Aɽ͕єٕɵݽ)Ёѽ ٕͥɹ )єͽ́́݅ȁ)ٽɥɕ̰ͥ)݅ݥѽɕѕ)݅ɝݽɐḾ݅)Ёٱݕ̰ͥ)مٕձ)ѽͥݕ́٥)є͔ͽɕхͥ)Aɽ͕єЁɽѥݕ́)ѽͥѕݽɑ(ٱѕȁeѽ ))U8)U0܃M9]LMɥ)ͥɽɅɕȸ)Q封ɿɝ͵̀ɿ )ѽͿɽ́ݕѽЃe)͕ɔєمɑѽͥ)ͭم)ɑхєɅɿ )խєمձѽͥЁͼ)͕́ȁѽͥ́ݕ̸])ɑѽͥȁɿ )́ɽٕ́Ʌ)ݽɐݽɐձͭ)ɽխє݅Ёͽ́ȁѽͥ)́ɽѽͥ)ݕ̸MɔɽѽͿ)ѕȁЁѽ )ͥݕɬYȁͽ )ѽͥ́ȁɽѽͿ)ɽ́ͭȁ݅Ёձ)ɕєݽɐ)ѥݔեݕɭ )مѝѕ)ȁЁ吁ѡԁݽɐ)Ёѽͥeѥݔ)եݕɭɽͽ )ݥѥݥѕЁͅL͕)ٽɑЁɔ͕х)ݽɐMمɑ)ѽͥхє)eѥѥ͔եݕɭ)ɽ͔́ɽ͔)ݥٕѕȰͼݕ)٥ȁȁՙѽͥє)ѕɧمɔ)Ёeɽ])ٽɭɅєє)ٕɡՑ́Ʌٽȁݽɐ)ݽɐɽ͔́ ٕɱ)ͼٕɵ )ѽͥєɕIє)ɽ͙ɵхͥ́ɥ)ͥմѽͥɗ )ɽ́єݕɯ )ѕեمՙ)ٽѥݔٕ͕)ɽ͙չͥєѥձȁ)ͅ