Senwes Scenario June - August 2022 Winter 2022 | Page 2

Oesseisoen
1ste Vrag
A Graad Witmielies

4

Oesseisoen

# HerbedinkLandbou

1 8

0 50 100 150 200
Skaal

Herbedink die toekoms

6

1ste Vrag

8 8

A Graad Witmielies
Is JY ‘ n verskilmaker ?

Het jy al ooit honger gaan slaap of jou kind met ’ n leë maag bed toe gestuur ? Die hartseer realiteit is dat meer as 40 % van alle Suid-Afrikaners nie genoeg kos het om te eet nie – ‘ n tendens wat verder vererger word deur die langtermyn impak van die Covid-19-pandemie . Die # AVCReliefUmbrella inisiatief poog om hierdie uitdaging aan te spreek en danksy die betrokkenheid van verskilmakers regoor Senwes se bedryfsvoetspoor word kwesbare gemeenskappe se waardigheid en hoop herstel deur skenkings van mieliemeel .

Danksy die betrokkenheid van ander agri-besighede en rolspelers in die landbouwaardektting , kry die # AVCReliefUmbrella dit reg om met elke ton witmielies wat geskenk word , in meer as 1 450 mense se daaglikse voedselbehoefte te voorsien . Op hierdie manier is daar al 41 624 sakkies 5kg mieliemeel aan ouetehuise , voedselskemas en plaasskole uitgedeel .
Maak vandag nog ‘ n daadwerklike verskil in jou gemeenskap en skenk ‘ n paar ton van jou oes aan hierdie verdienstelike saak .
Hoe werk die AVC Relief Umbrella ?

Wanneer produsente skenkings aan die AVC Relief

Umbrella-rekening maak , ontvang , hanteer en berg Senwes die mielies , koördineer die vervoer na en vanaf die meule en fasiliteer die verspreiding na die gemeenskappe . Die inisiatief sien boonop toe dat mielie-skenkings wat produsente maak in hul eie gemeenskap uitgedeel word .
Hoe kan ek betrokke raak ?

Maak ‘ n bydrae tot hierdie saak deur witmielies te lewer by engie Senwes Grainlink of Suidwes Silo op leweringsnommer 418688 . Bydraes in die vorm van ander kommoditeite kan gemaak word deur na die AVC Relief Umbrella webtuiste te gaan by www . senwes . co . za / avc-food-umbrella en dit daar in te lees .

AVC Relief Umbrella
l BRANDHULP l HUMANITÊRE HULP l VLOEDHULP l SENWES INISATIEWE l DROOGTEHULP
Die rekeningbesonderhede vir kontantskenkings is as volg :
Rekeninghouer : Thobo Trust Bank : ABSA Rekeningnommer : 4082869226 Taknaam : Kerkstraat , Klerksdorp Takkode : 334338
Navrae :
Mariette Hugo Tel : + 27 18 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
2
SENWES SCENARIO | WINTER 2020