Senwes Scenario June - August 2021 | Page 8

NOU OOK ' N HANDELAAR VIR JOHN DEERE KONSTRUKSIE- EN BOSBOUTOERUSTING
NUUS

SENWES EQUIPMENT

NOU OOK ' N HANDELAAR VIR JOHN DEERE KONSTRUKSIE- EN BOSBOUTOERUSTING

Dit is met groot opgewondenheid dat Senwes Equipment aankondig dat hy – en sy meganisasievennoot JDI , voortaan ook as agente vir die John Deere Construction & Forestry Equipment-reeks sal optree .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Hierdie reeks sluit onder meer laaigrawe , grondverskuiwingstoerusting , padskrapers , gemotoriseerde laaigrawe , kruipskrapers en gespesialiseerde bosboutoerusting in .

As ' n eksklusiewe John Deere-agent beteken hierdie toevoeging nie net ʼn diversifikasie van Senwes Equipment se be- staande produkaanbod nie , maar vergroot dit ook sy bedieningsvoetspoor .
Volgens Ferdie Pieterse , Besturende
Direkteur : Senwes Equipment , hou die uitbreiding van die John Deere-handelsmerk , en per assosiasie die van Senwes Equipment , groot potensiaal in vir hierdie nuwe en onderontginde markte . Ten einde die meeste van hierdie geleentheid te maak , sal Senwes Equipment voortbou op die bekende kwaliteit en prestasie van die John Deere-handelsmerk , uitsonderlike klanteondersteuning en innoverende toerustingtegnologieë . “ Hierdie nuwe samewerkingsooreenkoms bevestig nie net Senwes Equipment se waarde as ʼn eks- klusiewe John Deere-agent nie , maar stel ons ook in staat om as ’ t ware nuwe grond te breek deur ons impaksfeer te vergroot ”, sê Ferdie .
Elke stuk John Deerekonstruksietoerusting sal ondersteun en nagesien word deur hoogs opgeleide en gesertifiseerde toerustingtegnici , wat op hul beurt ondersteun word deur ' n netwerk van plaaslike onderdeleverspreidingsentrums .
Hierdie nuwe reeks is beskikbaar by alle Senwes Equipment en JDI takke .
VIR ENIGE NAVRAE OF BYKOMENDE INLIGTING , KONTAK :
Ferdie Pieterse , 018 464 7653 of ferdie . pieterse @ senwes . co . za .
Etienne Nel , 018 464 7526 of etienne . nel @ senwes . co . za .
Antoon Smallberger , 018 464 7571 of antoon . smallberger @ senwes . co . za
6
SENWES SCENARIO | WINTER 2021