Senwes Scenario June - August 2021 | Page 6

NUUS

SENWES

VIER 112 JAAR van impak en vernuwing

Met dié woorde het Francois Strydom , Groep Hoof Uitvoerende Beampte , Senwes se 112de bestaansjaar op 15 Mei 2021 ingelui . Deur die loop van 112 jaar het die groep nie net daarin geslaag om die toekoms van die maatskappy te herdefinieer nie , maar ook om die breë Suid-Afrikaanse landbousektor op innoverende en ‘ n Senwes-eie manier te beïnvloed ter versterking van die totale landbouwaardeketting .

By Senwes stel ons onself die toekoms voortdurend voor , sodat ons as ʼn agri-besigheid die toekoms vandag nog vir ons klante op die voorgrond kan stel .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
Die geskiedenis van Senwes kan te- ruggevoer word na die herfs van 1909 , toe 24 produsente bymekaargekom het om die idee van ' n koöperasie in die destydse Wes-Transvaal te bespreek . Na die verwoesting wat in die spoor van die Anglo-Boereoorlog oorgebly het , het die behoefte aan volhoubare graanhantering en saadverwerking op groot skaal posgevat . “ As ons terugkyk , was die stigting van De Centraal Westelijke Co-operatieve Landbouw Vereniging op 1 Junie 1909 , die vonk wat ons maatskappy se besigheidsfilosofie aangesteek het om tot vandag toe oplossings te bied wat ons klante in staat te stel om hul besighede effektief te be- dryf ,” sê Francois .
Senwes se wortels is stewig in die landbou geanker en gedurende 2021 kyk dié agri-besigheid terug op ‘ n ryk en trotse geskiedenis . Die verhaal van die Senwes Groep is gegrond op ‘ n klantgerigte visie en getuig van voortdurende vernuwing en aanpassing van geslag tot geslag . Dit is daarom juis hierdie ingesteldheid op waardetoevoeging wat die hoeksteen van die groep se besigheidstrategie vorm .
Gegewe die verloop van die geskiedenis en die talle uitdagings wat die hoof gebied moes word , meen Francois dat hierdie visie en deursettingsvermoë getuienis lewer van die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van Suid-Afrikaners , en meer nog , van die georganiseerde landbousektor .
Volgens Francois kan die sukses van die Senwes Groep nie toegeskryf word aan enkele individue nie , maar eerder aan die volgehoue insette en samewerking van almal binne die groep . Dit sluit personeel , besigheidsvennote , klante , aandeelhouers , verwerkers , produsente en die groter landbougemeenskap in .
4
SENWES SCENARIO | WINTER 2021