Senwes Scenario June - August 2021 | Page 54

Kos vir die siel
RUBRIEK | COLUMN IN THE KITCHEN | IN DIE KOMBUIS

Kos vir die siel

God is in jou híér : elke oomblik van elke gewone dag . En Hy roep ons . Soms hard en duidelik . Soms net ’ n verbygaande sagte fluistering .

OHet jy al daarvan bewus geword dat die Gees , wat op ’ n onverklaarbare manier iets in jou hart lê , ’ n wysheid aan jou bekend maak , leiding gee daar waar jy antwoorde gesoek het ? Of word jy elke nou en dan opnuut verras deur die skoonheid van ’ n sonsopkoms of -ondergang , die verrassende manier hoe saad eenvoudig uitspruit en groei , hoe ’ n koei met moederlike instink na haar kalf omsien ... die maniere hoe daar vir jou en jou gesin gesorg word ? Dis God se manier om aan jou te sê : Ek is hier . Hier waar jy elke dag met jou gewone dagtaak voortgaan , agter jou lessenaar sit en stoei , saam met jou huismense aan tafel sit , daar ís Ek .

God bly in die hiér van elke gelowige . Dink maar : Moses loop niksvermoedend na ’ n brandende bos : ’ n Plek waar God vir hom sê : “ Moses , ek is hier .” Samuel hoor ’ n vreemde stem in die nag , maar besef later dis God self wat hom op sy naam roep . Dis toe wat hy antwoord : “ Praat Here , u dienaar luister .” Saul is op die oorlogspad teen die Christene totdat God vierkantig voor hom verskyn en sê : “ Saul , dis Ek wat hier is .”
Wanneer ons harte bewustelik ingestel is om God raak te sien , is dit asof gewone dinge ánders begin lyk , die alledaagse klanke van voëls se getjirp hul eie simfonie vorm , jou oggendkoffie na dankbaarheid ruik , jou hande in die van jou geliefdes léwe voel . Mag jy met ’ n hart leef wat sê : “ Ek is gereed vir U , Here .”
Here , help my om U raak te hoor , te sien ... raak te lééf in die gewone sleurgang van die lewe . Ja , hier is ek , Here .
Milanie Vosloo
Onlangs word Leonard Cohen in postuum met ’ n Grammy-toekenning vir ’ n album vereer waarop onder andere die liedjie , “ You want it Darker ” verskyn . Op die liedjie sing hy op die agtergrond : “ Hineni , Hineni ” – die Hebreeus vir “ Ek is hier ” waarop Leonard antwoord : “ I ’ m ready my Lord .”.

Chicken Rice Soup

By The Lazy Makoti
Nothing beats the winter blues quite like a hearty soup on a cold winter day . This recipe is perfect for those chilly days . Pair this with some garlic or ciabatta bread for the perfect winter pairing .
INGREDIENTS
• 2 chicken breasts
• 2 tablespoons ( 30 ml ) olive oil
• 1 onion , diced
• 1 teaspoon garlic , minced
• 3 carrot , peeled and chopped
• 1 cup long grain rice
• 2 cups chicken stock
• 1 bay leaf
• 1 tablespoon parsley , chopped
• Salt and pepper to taste
METHOD Season chicken breasts on both sides with salt and pepper . In a large pot , heat oil and cook the chicken for 3-4 minutes on each side to brown . Transfer cooked chicken to a plate . Add onion , garlic and carrots and sauté for a few minutes Add the rice , stir and cook for a minute to toast the grains .
Add the chicken , chicken stock , and bay leaf . Bring the to a boil , cover the pot and reduce to a simmer over medium-low heat . Simmer the soup until the rice is tender and the chicken is cooked Turn off the heat and remove the bay leaf and chicken from the pot . Once the chicken is cool enough to handle , shred into smaller pieces then add back to the soup .
The rice may absorb water as it sits , add more chicken stock if needed . Taste the soup and season with more salt and pepper as desired .
Serve each bowl topped with chopped parsley .
52
SENWES SCENARIO | WINTER 2021