Senwes Scenario June - August 2021 | Page 48

NUUS

LANDBOUSEKTOR

BOER SELFS VERDER VOORUIT IN 2021

Desondanks die feit dat die landbousektor ʼn inkrimping van 3,2 % getoon het tydens die eerste kwartaal van 2021 , is kenners dit eens dat daar geen rede tot kommer is nie en dat vanjaar ʼn uitsonderlike landboujaar gaan wees
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dit volg nadat Statistieke Suid- Afrika ( SSA ) onlangs aangekondig het dat die land se bruto binnelandse produk ( BBP ) gedurende die eerste kwartaal van 2021 beter gevaar het as wat verwag is . Die BBP is 1,1 % meer as in die vierde kwartaal van 2020 .

SO VAAR DIE VERSKILLENDE SEKTORE
• Die grootste positiewe bydrae tot groei , van 1,5 persentasiepunte , is deur die finansiële en sakedienste sektore gelewer , met groei van 7,4 %.
• Mynbou het teen 18,1 % die vinnigste gegroei en 1,2 persentasiepunte tot die algehele ekonomiese groei bygedra .
• Die handelsektor , wat spyseniering en verblyf insluit , het teen 6,2 % gegroei . Hierdie groei dui op tekens van herstel na die inperkings tydens die tweede vlaag Covid-19-infeksies in Januarie en Februarie vanjaar .
• Vervaardiging se groei was 1,6 % en kan grotendeels toegeskryf woord aan die motorvervaardigingsektor .
• Die landbousektor het in die eerste kwartaal met 3,2 % ingekrimp nadat dit die enigste sektor was wat in 2020 gegroei het .
REDES VIR INKRIMPING IN DIE LAND- BOUSEKTOR
Volgens Agri SA kan die inkrimping van die landbousektor toegeskryf word aan die laer produksie van akkerbou-en diereprodukte .
“ Dit was te verwagte , aangesien die eerste kwartaal van die jaar gewoonlik gekenmerk word deur beperkte landbou-aktiwiteite ,” verduidelik Kulani Siweya , hooflandbou-ekonoom by Agri SA . Hy voeg by dat ʼn groot gedeelte van die landbou se BBP in akkerbou gekonsentreer is .
Die seisoenale faktore wat met somergewasse en wintergewasse gepaard gaan moet ook in ag geneem word . In die geval van somergewasse word daar eers na afloop van die eerste seisoenale reën ( ongeveer Oktober ) geplant , wat normaalweg voortduur tot in Januarie , met die oesseisoen wat eers in April of Mei ʼn aanvang nee . Net so , word wintergewasse hoofsaaklik in die tweede kwartaal van die jaar aangeplant en dié oeste is nie baie groot in vergelyking met die someroes nie .
46
SENWES SCENARIO | WINTER 2021