Senwes Scenario June - August 2021 | Page 46

NUUS

LIZELLE

SLAAN KOMPETISIE VIR ʼn SES

Kragkolwer Lizelle Lee , van die Senwes Dragons ( Noordwes-provinsie ) en die nasionale Momentum Proteaspan , het haarself deeglik laat geld tydens Krieket Suid- Afrika ( KSA ) se jaarlikse prestige prysuitdelingsgeleentheid .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Lizelle is nie net as Momentum se internasionale eendagspeler van die jaar aangewys nie , maar het ook die gesogte KFC Streetsmarttoekenning ingepalm .

Sy was ook ʼn finalis in die volgende kategorieë : SA Ondersteuners se Speler van die Jaar en die SA Vroue Speler van die Jaar .
ʼn BLINK KOLFSEISOEN
Lizelle het vanjaar behoorlik onder die boulers ingeklim en ʼn indrukwekkende seisoen met die kolf geniet . Tydens die Proteas se internasionale eendagreeks teen Indië het Lizelle ʼn loopbaan beste kolflopie van 132 lopies behaal . Sy is gevolglik ook as Speler van die Reeks aangewys .
Lizelle het tydens die afgelope seisoen 384 lopies aangeteken , met ʼn gemiddeld van 76,80 lopies per kolfbeurt .
Die KFC Streetsmart-toekenning is aan Lizelle gemaak na aanleiding van haar uitsonderlike vertoning in Indië vroeër vanjaar . Sy het veral uitgeblink tydens die derde internasionale eendagwedstryd in Lucknow waar sy twee sesse en 16 grenshoue gemoker het . Hierdie vertoning het haar ook die nommer een posisie op die internasionale ranglys vir vroue kolwers geplaas . Suid-Afrika het die reeks in Indië oortuigend met 4 – 1 gewen .
NOG UITBLINKERS Drie van Lizelle se Dragons- en Momentum Protea-spanmaats is ook vir nasionale toekennings benoem . Hierdie spelers is : Anneke Bosch , Masabata Klaas en Tazmin Brits .
• Anneke Bosch is genomineer vir die Momentum T20 Internasionale Speler van die Jaar .
• Masabata Klaas is genomineer vir die KSA Aflewering van die Jaar .
• Tazmin Brits is genomineer vir die Momentum T20 Internasionale Speler van die Jaar .
HARTLIK GELUK !
Francois Strydom , Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes , meen dat hierdie spelers nie net die vlag van Suid-Afrikaanse krieket hoog laat wapper nie , maar ook dié van hul borge , provinsiale unie en hul onderskeie gemeenskappe .
“ Dit is ʼn besonderse voorreg om erkenning op hierdie hoë vlak te geniet , en daarom – van almal by Senwes , baie geluk met julle prestasies !”
44
SENWES SCENARIO | WINTER 2021