Senwes Scenario June - August 2021 | Page 44

LANDBOUKUNDIG
Tema : Fokus op vee

‘ MOO-SE ‘

PRYS VIR SIMMERTALER- KOEI BEHAAL

ʼn Simmertaler-koei van ʼn stoetery by Ventersdorp het ʼn Suid-Afrikaanse rekordprys van R340 000 tydens die jaarlikse Lichtenburg-veiling behaal .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dié koei ( drie-in-een ) wat afkomstig is van die Von-Adel Simmentaler-stoetery was die enigste aanbieding van vroulike diere op die veiling , terwyl daar altesaam tien Simmentaler-bulle opgeveil is . Die gemiddelde prys per bul was R70 000 .

Nog ʼn aanbieding van die Von-Adelstoetery , ʼn Von-Adel Nonex-bul , is vir R120 000 opgeveil .
Volgens Nico Venter jnr . van die Von- Adel stoetery is die Simmertaler-koei ʼn uitsonderlike skou- en teeldier wat reeds die afgelope vier jaar as die Nasionale Superkoei van die Jaar aangewys is . Al haar bulkalwers is deur stoeterye gekoop , terwyl al haar vroulike diere steeds deel van die Von-Adel-stoetkudde is .
Venter glo dat die Simmertaler-beesras dubbeldoelig is in terme van gehaltevleis- en goeie melkproduksie . Vanuit ʼn kommersiële oogpunt lewer vrugbare Simmentaler-koeie voorts ook swaar kalwers , wat volg Venter baie voordelig is .
Die stoetery se mees onlangse speenkalfgewiggemiddeld van bulle was 312 en 301kg op verse . Hy sê die gemiddelde speenkalwergewig wissel egter en in vorige jare was verse se gewig sowat 280kg , en bulle se gewig het tussen 302 en 305kg gewissel . Dít hang natuurlik af van verskeie faktore soos beskikbare weiding en voerlekke wat toegedien word , sê Botha .
TEELDOELWIT
Dit gaan vir Botha oor gehalte diere en nie kwantiteit nie . Hy poog om deurlopend die beste genetika in sy stoetkudde in te bring . Dit behels bloedlyne wat onverwant is aan sy bestaande stoetkudde , sodat dit “ iets nuuts is wat glad nie verwant aan my koeie en genetika is nie .” Hy sê dit is ʼn tipe basterkrag wat vir hom uitskieter-kalwers en vrugbare koeie , wat skoue wen , verskaf .
Die bulle in sy stoetkudde groei uit en op twee en ’ n half jaar word die bulle na die kommersiële kudde oorgeskuif . Dié bulle dek dan kommersiële koeie en op driejarige ouderdom , selekteer Botha dan skoubulle uit dié kudde . Oorblywende bulle word gevoer en opgeveil .
Vroulike stoetdiere bly op die plaas . Die verse wat tydens seleksie uitval gaan na die kommersiële kudde toe , wat sodoende opgebou word .
* Die oorspronklike artikel het in AgriOrbit verskyn .
42
SENWES SCENARIO | WINTER 2021