Senwes Scenario June - August 2021 | Page 43

Limagrain Zaad South Africa ● Mieliekultivars
Tema : Fokus op vee LANDBOUKUNDIG

VEILINGSPRYSE

GEDY IN 2021

Veilingspryse is sedert die begin van die jaar ongeveer 30 %
hoër in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
So gesels Nick Serfontein , hoof van die Sernick-groep . Volgens Serfontein kan hierdie styging toegeskryf word aan produsente wat weer kuddes opbou , wildtelers wat terugkeer na beesboerdery , goeie graanoeste en ʼn nuwe vertroue in die landbou .
Tydens Sernick-Bonsmaras se 43ste produksieveiling wat vroeër in die maand plaasgevind het , is ʼn Bonsmarabul vir die rekordprys van R800 000 verkoop , terwyl die gemiddelde prys vir die 45 bulle wat aangebied is , R157 000 was . Volgens Serfontein vergelyk hierdie prys goed met dié van R122 000 in 2020 en R104 825 in 2019 . Vroulike stoetdiere is teen gemiddeld R53 471 verkoop in vergeleke met die gemiddeld van R47 547 in 2020 . In die geval van kommersiële koeie ( 3-in-een ) was die gemiddelde prys R36 400 , vir dragtige kommersiële verse was dit R23 040 en vir kommersiële verse R16 303 .
* Dié veiling is regstreeks en aanlyn waargeneem en is goed bygewoon deur 313 geregistreerde kopers .

Limagrain Zaad South Africa ● Mieliekultivars

Geelmielies
VP 8208
SC 404
LG 31.746
VP 8208 R
SC 506
LS 8518
VP 8208 BR
KKS 4410
LG 31.750
LG 31.648 BR
KKS 4474 R
LG 501
LG 31.642 R
KKS 8410
KKS 4520
LG 31.644 R
KKS 8408 R
KKS 4572 R
LG 3607Y
KKS 8410 B2R
SC 608
LS 8542
LS 8538 R
Afric Red
Witmielies
SC 303
LG 31.745 BR
KKS 8301
LS 8541 BR
VP 8301 R
SC 633
VP 8301 BR
SC 621
LG 31.743
SC 709
LG 31.743 B
SC 727
LG 31.745
SC 719
LG 31.745 R
Afric 1
www . lgseeds . co . za
SENWES SCENARIO | WINTER 2021 41