Senwes Scenario June - August 2021 | Page 38

NUUS

PANDEMIE KELDER

NAMPO OESDAG 2021

Graan SA het aangekondig dat die jaarlikse NAMPO Oesdag vanjaar , vir die tweede jaar agtereenvolgens , weens die Covid-19-pandemie afgelas word . Dit volg nadat dié landbouskou vroeër vanjaar na 17 tot 20 Augustus herskeduleer is .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens ʼn persverklaring wat in hierdie verband uitgereik is , het die aanvang van die derde vlaag Covid-19-infeksies en die wysigings aan die nasionale inperkingsvlakke die organisasie genoop om die geleentheid te kanselleer . Met meer as 750 uitstallers wat jaarliks aan hierdie landbouskou deelneem , word die visier nou op 2022 gestel .

Gedurende die eerste helfte van 2021 het Graan SA voortgegaan om die oplewing in die nasionale koronaviruspandemie en die gepaardgaande regulasies en be- perkings te monitor . Die stygende Covid- 19-gevalle het intussen gelei tot verdere beperkings op buitelug byeenkomste . Laasgenoemde stel ingewikkelde uitda- gings aan die organiseerders , en in die belang van alle besoekers , personeellede , uitstallers en die gesondheid en veiligheid van die plaaslike gemeenskap , is die Oesdag gekanselleer .
" Die besluit om enige byeenkoms te kanselleer of uit te stel , veral die NAMPO Oesdag – die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond – is geen maklike roep vir enige organisasie nie ," het Jannie de Villiers , uitvoerende hoof , gesê . “ Gebeurtenisse van hierdie skaal verg aansienlike investering van tyd en hulpbronne deur die organiseerders , goedkeuringsinstansies op plaaslike en nasionale vlak , uitstallers en diensverskaffers , en daar moet vroegtydig besluit word of NAMPO 2021 moet voortgaan , of nie ”, het de Villiers bygevoeg .
Graan SA het deurlopend met sy NAMPO-vennote en belanghebbendes beraadslaag ten einde die moontlikheid te evalueer om die gebeurlikheid in 2021 in die oorspronklike formaat aan te bied , terwyl die veiligheid van sowel uitstallers as besoekers deurentyd oorweeg is . " Die NAMPO Oesdag benodig maande se beplanning van die organisasie en sy uitstallers , en omdat baie van sy vennote steeds deelname aan en bywoning van geleenthede verbied , was die besluit om die geleentheid te kanselleer , weereens ' n noodsaaklike besluit ," het dr . Dirk Strydom , Bestuurder : Graan-ekonomie en bemarking gesê .
Graan SA is steeds daartoe verbind om ' n gediversifiseerde landbouhandelsuitstalling aan te bied ten bate van ons getroue vennote , die plaaslike gemeenskap , die landbousektor en die breër publiek , en ons sien daarna uit om die NAMPO Oesdag van 17 tot 20 Mei 2022 op NAMPO Park , net buite Bothaville in die Vrystaat , aan te bied .
Die NAMPO Kaap-skou , geskeduleer vir 8-10 September 2021 in Bredasdorp , Wes- Kaap , en die NAMPO Alfa-skou , beplan vir 30-Sep – 2-Oct 2021 op NAMPO Park , Bothaville , is ook gekanselleer . Die besluit om hierdie twee gewilde streekskoue aan te bied , sal heroorweeg word indien regeringsregulasies gewysig word .
36
SENWES SCENARIO | WINTER 2021