Senwes Scenario June - August 2021 | Page 36

NUUS

DIE VLIEG

IN VRUGTEBOERE SE SALF

Die Departement van Landbou , Bosbou en Vissery het vrugteprodusente in Limpopo in kennis gestel dat die teenwoordigheid van die Asiatiese vrugtevlieg ( Bactrocera dorsalis ) in die provinsie bevestig kan word .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens Jan-Hendrik Venter , bestuurder van vroeë waarskuwingstelsels vir plantgesondheid by die Departement van landbou , is daar die afgelope tyd meer as 12 manlike vlieë op ʼn slag in lokvalle op verskillende plekke in die provinsie gevang . Hy verduidelik dat die voorkoms van hierdie vlieë ʼn rede tot kommer is , veral gegewe die feit dat daar vroeër vanjaar nege nuwe waarnemings in die Vrystaat in die produksiegebiede van Bethlehem en Ficksburg was .

WEES WAAKSAAM TEEN BESMETTING
Venter maan produsente dat die Departement van Landbou hul verwyderingspermitte kan herroep in gevalle waar besmettings voorkom en daar bevind word dat geen regstellende maatreëls teen die verspreiding van dié insek ingestel is nie , óf as produsente nie kan bewys dat voorkomende maatreëls tydens die produksieseisoen toegepas is nie .
Maatreëls wat kan help , sluit in gereelde aasbesproeiing , die vernietiging van manlike vlieë en behoorlike boordsanitasie .
34
SENWES SCENARIO | WINTER 2021