Senwes Scenario June - August 2021 | Page 32

TYDENS SA SUIWELTOEKENNINGS
NUUS

GOUDA MAAK GESKIEDENIS

TYDENS SA SUIWELTOEKENNINGS

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Suid- Afrikaanse Suiweltoekennings is ʼn enkele produk vir ʼn ongeëwenaarde derde keer as die nasionale Suiwelproduk van die Jaar aangewys . Lactalis South Africa ( LSA ) is met dié top erkenning vereer vir sy 10-maande volwasse Gouda wat hoofsaaklik vir die winkelgroep Woolworths geproduseer word .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dié aromatiese en intens-gegeurde kaas was een van bykans 900 suiwelprodukte van 68 vervaardigers wat meegeding het om die aandag van 60 beoordelaars . Slegs agt produkte uit die groot aantal inskrywings is met die gesogte Qualité-merk van gehalte vereer , terwyl 106 produkte as nasionale wenners in die onderskeie kampioenskapklasse aangewys is .

Volgens die suiwelkenner en hoofbeoordelaar , Alan Fourie , is dit elke kaasmaker se droom om as Produk van die Jaar aangewys te word , veral gegewe die omvang van die Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings . " Dat hierdie eer vanjaar se wenner van die gesogte titel vir die derde keer te beurt val , is uitsonderlik . Die Woolworths 10-maande volwasse Gouda is voorwaar ' n produk wat die toets van die tyd deurstaan het , maar ook ' n bewys van volgehoue gebruik van uitstekende bestanddele . Tegnies en gastronomies is dit so na aan perfek as wat ' n kaasproduk kan kom ,” meen Fourie .
Marek Warzywoda , Hoofbestuurder : Lactalis SA , sê sy span is verheug daaroor dat dié besondere Gouda vir ' n derde keer as Produk van die Jaar aangewys is . Dit is boonop ook die vierde keer dat Lactalis
SA die algehele toptoekenning in vyf jaar behaal .
Enigste groot suiwelkompetisie wêreldwyd tydens Covid-19
Die SA Suiwelkampioenskappe word reeds sedert 1834 met groot sukses aangebied . Volgens Johan Ehlers , Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo , is die belangrikste internasionale suiwelbyeenkomste wêreldwyd in 2020 gekanselleer en in 2021 uitgestel as gevolg van die Covid- 19-pandemie .
" Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is trouens die enigste groot suiwelkampioenskap in die wêreld wat in 2020 en 2021 plaasgevind het ," sê Ehlers en verduidelik dat om dit moontlik te maak , die beoordelingsproses aangepas is en die toekennings as ' n hibriede geleentheid aangebied is .
Die groot aantal inskrywings en buitengewone produkte wat vanjaar ingeskryf is , is volgens Ehlers rede om optimisties te wees oor die toekoms van die suiwelbedryf in Suid-Afrika : " Vanjaar se uitslae getuig van ' n innoverende bedryf en gesonde kompetisie tussen individue , klein en medium ondernemings , sowel as nasionale en internasionale maatskappye ."
Die SA Suiweltoekennings kan steeds besigtig word by www . cheesesa . co . za / sadairyawards . Vir meer inligting en die volledige uitslae , besoek www . cheesesa . co . za .
30
SENWES SCENARIO | WINTER 2021