Senwes Scenario June - August 2021 | Page 28

NUUS

KOUE EN NAT

WINTER

WORD VOORSPEL

Suid-Afrikaners moet hul wintersjasse én sambrele nader trek .

LANDBOUSAKEKAMER

AGBIZ

HERKIES LEIERSKORPS

Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Want volgens langtermyn weervoorspellings gaan vanjaar se winter nie net bibberkoud wees nie , maar nat ook .

REËNVALTOESTANDE
Weerstelsels dui tans op die voortsetting van goeie reënvaltoestande , soortgelyk aan 2020 , vir die volgende twee maande .
Johan van den Berg , ʼn onafhanklike landbouweerkundige , verduidelik dat bogemiddelde warm see-temperature vanaf die Weskus tot verby Angola se noordelike grens ʼn gunstige uitwerking het ten opsigte van reënval vir die westelike dele van die land . Benewens hierdie bogemiddelde see-temperature , dra verhoogde vogvlakke en die ontwikkeling van laagdrukstelsels ook by tot die gunstige reënvaltoestande wat vir die lang termyn voorspel word .
Hy sê dat reën gedurende die winter van 2020 baie ver noord voorgekom het en dat die droë westelike en suidwestelike binneland gevolglik nie baie reën gekry het nie . Hierdie toestande sal na verwagting vanjaar herhaal word .
BIBBERWEER
Volgens Van den Berg word kouer as verwagte toestande oor die sentrale en suidelike binneland verwag . Minimum temperature van -4 ° C of selfs laer het reeds in die sentrale , oostelike en suidelike dele van die Vrystaat en dele van die Oos- Kaap voorgekom . In die Hoëveld van Mpumalanga het die kwik tot ʼn minimum van -2,5 ° C by Standerton gedaal . Hierdie toestande herinner baie aan dié van 2020 toe die eerste werklike koue weerstoestande ook teen einde Mei voorgekom het .
Van den Berg meen dat die kans vir sneeu , en redelike swaar neerslae daarby , baie goed lyk . Dié sneeuval word rondom 15 Junie verwag op die Drakensberge en omliggende gedeeltes , asook die berge van die Wes-Kaap .
Die Landbousakekamer Agbiz se leierskorps
is onlangs tydens die sakekamer se algemene jaarvergadering eenparig herkies . Dié vergadering is virtueel aangebied .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die posisie van voorsitter was onbetwis en Francois Strydom , Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes , sal die sakekamer vir ʼn verdere termyn lei . Hy word ondersteun deur Sean Walsh van Kaap Agri as eerste ondervoorsitter en dr Langa Simela van Absa as die tweede ondervoorsitter .

Koos Janse van Rensburg van VKB en Nico Groenewald van Standard Bank is ook as addisionele lede tot die Agbiz bestuurskomitee herverkies .
Die volgende persone is tot die Agbizraad verkies :
• Henk Agenbach , Die Koöperasie ( Humansdorp ).
• André Uys , Acorn Agri .
• Frans van Wyk , Agrifusion .
• Jannie van Heerden , Farmwise .
• Piet Smit , Komati Groep .
Die lede van die Oudit- en Risikokomitee – Frans van Wyk van Agrifusion , André Uys van Acorn Agri en Stefan Oberholzer van OVK – sal ook vir nog ' n termyn op die komitee dien .
Volgens Agbiz se Hoof Uitvoerende Beampte , dr John Purchase , bied dié herverkiesing van die leierskorps groot gerusstelling , veral gegewe die feit dat hy aan die einde van 2021 die tuig sal neerlê .
26
SENWES SCENARIO | WINTER 2021