Senwes Scenario June - August 2021 | Page 24

NUUS

SENWES BREEK NUWE GROND MET SPLINTERNUWE TOEP

Ter viering van die Senwes Groep van maatskappye se 112de bestaansjaar , het dié agri-besigheid ʼn splinternuwe toepassing bekend gestel .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die Senwes App sal deur gebruiksgemak en slim funksionaliteit verseker dat inligting nooit verder as die spreekwoordelike punte van jou vingers is nie .

Die toep , wat op Vrydag , 14 Mei 2021 , by die groep se hoofkantoor in Klerksdorp bekendgestel is , span die kroon op meer as 15 maande se intensiewe beplannings- en ontwikkelingswerk en baan die weg vir die groep se volgende innoverende en impakvolle hoofstuk as ʼn rolspeler in die Suid-Afrikaanse landbouwaardeketting .
Die toep vervul meer as net ʼn bemarkingsfunksie en poog om groter wisselwerking tussen die groep van maatskappye en sy bestaande en potensiële klantebasis te verseker , terwyl dit ook ʼn daaglikse raakvatgeleentheid vir die Senwes handelsmerk is .
Volgens Francois Strydom , groep hoof uitvoerende beampte , spreek die toep voorts tot die groep se verbintenis tot innovasie , digitalisering en vernuwing . “ By Senwes stel ons onsself die toekoms voordurend voor , sodat ons as ʼn agri-besigheid die toekoms daagliks vir ons klante op die voorgrond kan stel ,” sê Strydom .
TOEP HOU BAIE VOORDELE IN
Behalwe vir die feit dat inligting rakende gebeure in die groep en die landbousektor nou intyds gedeel kan word , sal die toep gebruikers voorts in staat stel om hulself van nuwe produkreekse , afslagaanbiedinge , markpryse en dienste te vergewis .
Toegang tot hierdie funksionaliteit word moontlik gemaak deur die OneAgriplatform en gebruikers sal via hierdie platform registreer .
ANDER KENMERKE SLUIT IN :
• Die verpersoonliking van jou toep , deur die aanteken van jou persoonlike voorkeure .
• Intydse kennisgewings .
• Toegang tot jou Senwes rekeninginligting .
• Daaglikse markpryse .
• Beskikbare vakante poste .
Die toep kan gratis via die Apple App Store : https :// apple . co / 3uP0Y5n of Google Play Store : https :// bit . ly / 33VybAx afgelaai word .
22
SENWES SCENARIO | WINTER 2021