Senwes Scenario June - August 2021 | Page 26

JAG

LANG PAD

NA HERSTEL VIR SA JAGBEDRYF

Dit kan die Suid-Afrikaanse jagbedryf tot vier jaar neem om te herstel tot die punt waar dit voor die inperking was . Dit is die mening Dries van Coller , voorsitter van die Professionele Jagtersvereniging van Suid- Afrika ( Phasa ).
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die wildbedryf , soos alle landboubedrywe , moes die afgelope paar jaar verskeie uitdagings die hoof bied , waaronder ʼn droogtesiklus , politieke onsekerheid en ʼn skerp ekonomiese afswaai . Hiermee saam was die jag- en wildbedryf een van die Covid-19-inperking se grootste slagoffers . Alhoewel wildboere op hul plase kon voortgaan met die daaglikse bestuur daarvan , was daar geen sprake van buitelandse jagters of ekotoerisme nie . Wildveilings het ook tydens 2020 byna tot ʼn stilstand gekom .

Volgens Van Coller het die land , voor die aanvang van die inperking in 2020 , sowat R1,9 miljard uit die buitelandse trofeejagmark verdien , terwyl die binnelandse jagmerk ongeveer R11,6 beloop het . Na ʼn baie moeilike jaar , waarin die land se jagbedryf tot ʼn absolute stilstand gedwing is , meen Van Coller egter dat vanjaar se syfers reeds ʼn 100 % verbetering toon .
Op sy beurt meen Richard York , uitvoerende hoof van Wildbedryf SA , dat selfs al is die landsgrense oopgestel , daar ʼn merkbare afname is aan die hoeveelheid internasionale jagters wat die land besoek . Volgens hom ontvang wildreservate nou vir die eerste keer in 16 maande weer internasionale jagters .
Hy is verder van mening dat jag nie ʼn massa-toerismemark is nie , en verduidelik dat dit ʼn bedryf is waar kliënte vriende word . Dit is juis hierdie een-tot-een verhoudings wat daartoe sal aanleiding gee dat jagters onder die eerste toeriste sal wees wat na die land terugkeer .
Die ontwikkeling van ʼn entstof teen Covid-19 sal voorts ʼn deursiggewende rol speel vir die wêreld se jagreisigers .
24
SENWES SCENARIO | WINTER 2021