Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 9

INNOVASIE Dit is duidelik uit die uiteensetting op die vorige bladsy dat maat­skappye soos Apple, Amazon en Microsoft tradisionele toonaangewende maatskappye wat fisiese dinge bou, uitgeskuif het. Tegnologie gebruik konnektiwiteit, netwerkeffekte, nagebootste intelligensie en ongekende skaal om globale platforms te skep waarmee dit amper onmoontlik is om te kompeteer. VERSNELDE TEGNOLOGIESE VORDERING Wanneer dit by tegnologiese vordering kom, is die tempo van verandering besig om meer en meer te versnel. Elke jaar bring meer omvattende nuwe tegnolo­ giese vordering as die vorige jaar en sodra die eksponensiële “hokkiestok” inskop, sal innovering teen ’n ongelooflik pas versnel. 9 SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 07