Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 7

NUUS Ons het ’n gefokusde besigheidsportefeulje wat impliseer dat ons eerder baie van min wil weet, as min van baie. teweegbring. Die waarheid is dat Suid- Afrika in vergelyking met die wêreld nie die heel beste produksiegebied is nie. Om te diversifiseer na alternatiewe gewasse of vee is ’n opsie, maar daar is baie aspekte wat oorweeg moet word. Dit het al begin plaasvind, maar insiden- te soos wat ons tans ervaar, versnel die proses. Die probleem is dat dit nie jaar-op- jaar verander kan word nie en jy oor meer as ’n 20-jaar winsgeskiedenis moet beskik om ’n ingeligte besluit hieroor te neem. Produsente is dus al meer risiko­ bestuur­ders wat risikobesluite neem. “Om te sê ek sal plant mits die prys reg is, is net ’n prysbesluit, maar dit moet met ’n produksiebesluit gekombineer word.” Ook belangrik is die volgorde van jou besluit- nemingsproses, natuurlik eers produksie- en dan prysbesluite. SPESIALISASIE OF DIVERSIFIKASIE? Dit is die ewige vraag. By Senwes het ons die voordeel om 110 jaar se geskie­ denis te beoordeel en in ons geval is spesiali­sasie die regte antwoord vir ons besigheids­model. Senwes diversifiseer wel ten opsigte van geografie, kommodi­teite en klantebasis. Belangrik om te onthou is dat indien jy goed is in een deel van die voedselwaardeketting, impliseer dit verse- ker nie dat jy goed is in ’n ander ook nie. Indien ’n besigheidstrategie slegs winsbe- jag is, is dit egter ’n kortstondige siening en ’n gevaarlike pad om te loop. Die regte strate­gie is om te oorleef in moeilike jare sodat jy, as die siklus weer positief is, die volgende jaar steeds daar sal wees. OORLEWING Om te oorleef moet jy selfkrities en anali­ ties wees rakende jou kernvaardighede, risikobenaderings en die omgewing en nie selfvoldaan wees nie. “Jy is dalk nie so skerp as wat jy dink nie.” Wees gefokus, toegewyd en nederig. Tyd en tydigheid is belangrik. Indien jy ’n besluit moet neem, doen dit. Wat belang­rik is, is die boodskap wat jy uit­ stuur, die kultuur wat jy skep en karakter wat gebou word met die neem van die besluit. 2019 NASIONALE VERKIESING Ons is nou in ’n tydperk waar volatiliteit baie hoog is, politieke insidente voorkom en uitsprake gemaak word. Wisselkoerse, kommoditeite en sakevertroue word geaf- fekteer, maar dit is belangrik om nie toe te laat dat hiérdie korttermyngebeurtenisse jou van jou langtermynsienings wegneem nie. Verhoed dat jy verlam word deur vrees en om besluitloos te wees. Onthou, geen besluit is ook ’n besluit! GOEIE GELEENTHEDE Wees bedag daarop dat daar altyd baie goeie geleenthede is: “Van omtrent elke 100 geleenthede benut Senwes vanuit ’n korporatiewe transaksieoogpunt, slegs twee.” As dit nie die strategie onder­ steun, by die kultuur pas en/of die prys reg is nie, neem ons dit nie. Jy sê dus baie meer nee vir “versoekings” as wat jy ja sê vir “geleenthede”. Ons is in die voedselwaardeketting en ondersteun dus produsente. Die kruks is dat ons almal by Indien u Senwes Credit, Senwes Equipment en Senwes Grainlink wil kontak, skakel hulle gerus soos hieronder aangedui: Pieter Swart Senwes Credit: Uitvoerende Bestuurder 018 464 7532 [email protected] Pieter Malan Senwes Grainlink: Uitvoerende Bestuurder 018 464 7395 [email protected] Ferdie Pieterse Senwes Equipment: Uitvoerende Bestuurder 018 464 7653 [email protected] situasies sal moet aanpas, en indien jy nie die moed en vertroue het om aan te gaan nie, moenie wag dat omstandighede namens jou die besluite neem nie. Senwes onderneem om aan te hou om te belê, besigheidsprosesse te konsolideer en geleenthede te benut. Ons is daarop gefokus om met insette, marktoegang en finansiële dienste, advies en oplossings aan klante te verskaf. Ons het ’n gefokusde besigheidsportefeulje wat impliseer dat ons eerder baie van min wil weet, as min van baie. Senwes het ten doel om die beste administrasie en ondersteuningsdienste aan ons operasionele besighede te ver- skaf, leiding te neem en om grondige kennis met klante te deel. “Wees verse- ker, Senwes sal aanhou deelneem en nie ‘n toeskouer wees nie, ons is deel van Suid-Afrika en aanvaar die verantwoorde- likhede wat daarmee gepaard gaan.” SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 05