Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 4

ALGEMEEN RUBRIEK Uit die Woord Dis tyd om dinge anders te doen A lbert Einstein ontvang gewoonlik krediet vir die volgende stelling: “Die definisie van gekheid is om dieselfde ding oor en oor te doen, maar om telkens ander resultate te verwag.” Alhoewel daar nog nooit bewys is dat Einstein dit wel gesê het nie, maak dit nie regtig saak nie want almal weet dat dit ’n waarheid is wat al oor en oor bewys is. Dink maar aan ’n vlieg wat deur ’n toe venster probeer vlieg, oor en oor, totdat dit uiteindelik vrek van uitputting. Dit is 2019, dis ’n verkiesingsjaar en grondhervorming is die onderwerp op almal se lippe. Ons Groep HUB, Francois Strydom, het onlangs die punt gemaak dat “die wêreld deurmekaar is - kyk maar na wat gebeur met Macron se Parys, Trump se Amerika, ensovoorts, ensovoorts.” Of dit nou die sikliese aard van die wêreld is, wat geneig is om homself oor en oor te herhaal, deur hoogtepunte en laagtepunte te gaan en dan weer alles te herhaal, en of ons onself in so ’n siklus bevind, die punt is dat ons almal “die verandering moet wees wat ons in die wêreld wil sien” - Mahatma Ghandi. Hopelik het jy tyd oor die vakansie af gehad om bietjie voorraad te neem van jou lewe, jou besigheid, jou verhoudings... en hopelik het jy patrone geïdentifiseer wat nie die verlangde resultate oplewer nie. Dit is nou tyd om jou gedrag te verander. ’n Boer het ’n intieme en intuïtiewe verhouding met die grond en sy diere. Hy/sy kan aanvoel wanneer dit tyd is om iets te verander, soos om lande te laat oorlê, of meer kunsmis toe te dien, of ’n nuwe gewas te plant, of met ’n verskillende soort lewendehawe te teel. Ons moet ook so na binne kyk en ons eie geluk meet en aktief besluit om 'n gelukkige, gebalanseerde lewe te leef, in harmonie met al ons gemeenskappe. Ek hoop jy het’n goeie plantseisoen gehad en dat jou oeste in 2019 oor­ vloedig sal wees! Marlon Abrahams HOOFREDAKTEUR 02 SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 Kopskuif Ds. Willie Botha ’N KOPSKUIF KAN ons ook ’n paradigmaskuif noem. Dit kom daarop neer om jou invalshoek, denke en verstaan van ’n situ- asie uit te daag. Dikwels is ’n kopskuif nodig wanneer omstan- dighede skielik verander of wanneer ’n bestaande situasie ’n kritiese punt bereik. Mense wat sukkel om kopskuiwe te maak, voel baie keer dat hulle in ’n doodloopstraat beland het. Jy kan letterlik voel asof jy jou vasgeloop het. Miskien is dit presies wat die ervaring van die Israeliete was toe die reus Goliat uit die geledere van die Filistyne na vore geloop het. In hulle denke was daar nie ’n antwoord op wat hulle voor hulle gesien het nie. En dan kom ’n doodgewone skaapwagter op die toneel en hy kan glad nie sien wat nou eintlik die probleem is nie. Dit is ’n voorbeeld van ’n kopskuif. Gideon, wat in die parskuip bang wegkruip en die volgende oomblik deur die engel dapper man genoem word, veroorsaak ’n kopskuif. Paulus, wat die een oomblik vervolger en die vol- gende oomblik verkondiger van Christus word, is waarskynlik een van die beste Nuwe Testamentiese voorbeelde. Niks kom egter naby die kopskuif wat God vir ons gemaak het nie. In plaas van die mens te veroordeel vir sy ongeregtigheid, stuur Hy Jesus na die wêreld om ons ongeregtigheid te verander. “Kopskuif” is ook die tema van ’n boek wat deur Dawie Smith, bekende radiopersoonlikheid, leier en opvoedkundige, geskyf is. Dit is ’n briljante boek wat kopskuif breedvoerig vanuit ’n geestelike-, fisieke-, intellektuele- en emosionele vlak benader. Sy invalshoek is dat die strepie (dash) tussen die geboorte- en sterfdatum op jou grafsteen, die lewe is wat jy lewe. Dit is die belangrikste deel en ons kan dit in ’n groot mate bestuur. Indien jy jou denkhouding, gevoelens of jou gedrag wil ver­ ander, kan jy gerus Dawie Smith se sewestap-veranderings- en weerbaarheidsmodel oorweeg: Stap 1: Bewuswording van die saak of probleem (Kop) Stap 2: Erken die impak op jou lewe (Kop en Hart) Stap 3: Oorweeg jou erns/brandende begeerte om te wil verander (Hart) Stap 4: Wat is jou opsies? (Kop) Stap 5: Verbind jouself tot die gekose opsie (Kop en Hart) Stap 6: Neem aksie (Hand) en volhard (Hart) Stap 7: Gereelde bestekopname Christene is egter nooit vasgeloop nie. Daar is ’n noue band tussen Christelike hoop en kopskuiwe. As Christus deel van jou lewe is, is jou lewensveranderinge ook nie sonder Christus nie. Die Heilige Gees help ons om dit wat vir ons as moeilik, onge- maklik en selfs onmoontlik voorkom, te vermag.