Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 37

GRAIN BROKERS | GRAANMAKELAARS Grafiek 1: Reënvalverspreiding tydens swak El Niño jare vir die westelike Bron: Saamgestel deur Thys Grobbelaar produksiegebied. Grafiek 2: Gemiddelde kumulatiewe reënvalverspreiding tydens swak El Niño jare vir die westelike produksiegebied. Bron: Saamgestel deur Thys Grobbelaar werklike opbrengste vir die westelike produksiegebied (sensitief vir El Niño verskynsels) vergelyk word, is die gemid­ delde opbrengs sedert die 1919-20 seisoen tot en met die 2017-18 seisoen 2.43mt/ha tydens La Niña jare, 1.56mt/ ha tydens El Niño jare en 1.9mt/ha tydens neutrale seisoene. Indien hierdie gemid­ deldes slegs bereken word vanaf die 1983-84 seisoen het La Niña jare 3.72mt/ ha, El Niño jare 2.68mt/ha en neutrale jare 3.18mt/ha opgelewer. Deur egter slegs die gemiddeld van die swak El Niño jare in ag te neem, lyk die prentjie anders. Die gemiddelde opbrengs van die 10 swak El Niño seisoene soos aangedui in Tabel 1 is 2.24mt/ha wat beter is as die langtermyngemiddeld van neu- trale jare. Hierdie gemiddeld vir die swak El Niño jare sedert 1983-84 was 3.54mt/ ha, wat weereens beter is as die opbrengs tydens neutrale jare oor dieselfde tydperk. Dit word dus duidelik dat swak El Niño jare nie noodwendig gepaard gaan met ondergemiddelde opbrengsrealisasie nie. Hierdie opbrengsverwagting kan egter wel gekoppel word aan kumulatiewe reënval, maar ook die verspreiding van reënval soos aangedui in Grafiek 1 en Grafiek 2. Die reënval tydens swak El Niño jare dui nie noodwendig kumulatief op onder- gemiddelde reënval nie. Die gemiddelde kumulatiewe reënval tydens hierdie sei­soene was 524.7mm teenoor die langtermyn kumulatiewe gemiddeld van 553.8mm. As daar egter na die versprei­ ding van die reënval gekyk word in Grafiek 1, is die afwyking van die langtermyn gemiddeld vir elke maand vanaf Junie tot die volgende jaar Junie heelwat klei­ ner vanaf September tot Desember met die groter afwykings vanaf Januarie tot Maart. Inteendeel, die swak El Niño jare se gemiddelde reënval vir September tot Desember was hoër as die langtermyn gemiddelde reënval vir hierdie maande. Die swak El Niño jare se gemiddelde reënval vanaf Januarie tot Maart is egter onder die langtermyn gemiddelde reënval wat daarop kan dui dat swak El Niño jare wel tot laer reënval kan lei tydens die tra- disionele midsomerdroogtetydperk. Indien die gemiddelde reënval egter kumulatief voorgestel word soos in Grafiek 2, word die afwyking in reënvalverspreiding meer duidelik. Om op te som, hierdie artikel het nie ten doel om ’n voorspelling te maak vir die 2018-19 seisoen ten opsigte van reënver- wagting nie. Die inligting hierin vervat is gebaseer op werklike historiese realisasie van weerverskynsels en getoetste modelle oor tyd. Die afleiding wat uit die verwag- tings gemaak kan word, is dat die pro- duksieseisoen waarskynlik gekenmerk sal word as ’n swak El Niño seisoen. Hierdie tipe El Niño seisoen word nie noodwen- dig gekenmerk deur baie swak onder gemiddelde opbrengste in die meer sen- sitiewe westelike produksiegebied nie en kumulatiewe reënval wyk ook nie werklik baie af van die langtermyn gemiddelde reënval nie. Dit was egter wel opvallend dat die verspreiding van reënval dui op meer gunstige kumulatiewe reënval tydens die plantvenster van September tot Desember, maar dat die reënval onder gemiddeld kan wees vir die tradisionele midsomerdroogtetydperk. Gegewe die waarneming sal dit altyd sinvol wees vir produsente om aanplantingbeplanning en plantdatumverspreiding sodanig aan te pas om die potensiële midsomerrisiko aan te spreek. Seisoene bly nietemin uniek en die ontwikkeling van die bestaande sei­ soen is geen uitsondering nie. Elke pro- dusent sal dus sy eie risiko moet bepaal en seker maak dat beskikbare grondvog voldoende is voor ʼn aanplantingsbesluit geneem word. SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 35