Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 34

DIGITAAL Hoe om ’n digitale ingesteldheid te ontwikkel in 5 STAPPE Deur Johan Le Grange Digitale Inhoudspesialis STAP WEET WAARIN JY JOU BEGEWE Om 'n digitale denkrigting te hê beteken nie noodwendig dat jy op al die sosiale medi- aplatforms moet wees of dat jy elke aspek van jou besigheid moet digitaliseer nie. Dit impliseer ook nie dat jy ontslae moet raak van goeie, outydse pen en papier nie. Om 'n digitale ingesteldheid te ontwikkel kan bloot beteken dat jy tegnologie gebruik en aan- wend om jou lewe makliker en meer gerieflik te maak. 01 STAP 02 STAP 03 STAP 04 STAP 05 BEWEEG UIT JOU GEMAKSONE Dink oor rewolusionêre konsepte soos aanlynbankdienste, aanlynaankope en aanlyno- pleiding. Of is jy te gewoond daaraan om tjeks uit te skryf, kontant onder jou matras te bêre en van winkel na winkel te ry om een te vind wat 'n spesifieke produk in voorraad het? As jy die lewe makliker wil maak vir jouself en jou besigheid, begin deur slegs een aspek te digitaliseer. Dan nog een, ensovoorts. Dit kan jou administratiewe afdeling wees of jou inklokstelsel wat jy digitaliseer. DINK DIGITAAL Die ontwikkeling van 'n digitale ingesteldheid beteken dat jy deurlopend moet onthou dat jy tegnologie kan gebruik om probleme op te los, nuwe vaardighede te leer en nuttige inligting te versamel. As jy byvoorbeeld met 'n projek, program of produk sukkel, is die kans goed dat daar minstens 'n dosyn video's op YouTube sal wees wat jou wys hoe om dit te doen. Sukkel jy om 'n aankoopbesluit te neem? Doen al jou navorsing aanlyn en vooraf. Die oplossing van probleme met 'n digitale ingesteldheid kan iets kleins wees, soos om by die OTM op te daag sonder jou beursie en in plaas daarvan om huistoe te ry om dit te gaan haal, doen eerder 'n kaartlose onttrekking. MOENIE BANG WEES OM TE VERANDER NIE Die verandering van jou denkwyse en die uittoets van nuwe dinge kan moeilik wees en onsekerheid meebring, maar om verandering vir te lank teen te staan, kan jou so ver op die agtervoet plaas dat selfs die gedagte om op te vang op elke aspek van jou lewe wat nie tred gehou het met nuwe ontwikkelinge nie, buite die grense van moontlikheid sal val. Moenie bang wees om foute te maak in die proses om te leer wat vir jou werk en wat nie werk nie. Navorsing het getoon dat verandering groei aanmoedig; dit leer jou om aanpas- baar te wees; dit onthul jou sterk punte; dit breek roetine en dit bring nuwe geleenthede. SOEK WAARDE Moenie tyd mors nie - as jy nie die verlangde waarde uit 'n nuwe stelsel, oplossing of platform wat jy gebruik, kry nie, beweeg aan. Saam met die digitale era het die dislojale klant gekom, waar besluite vinnig geneem word en niemand lank stilstaan by ongelukki- gheid omdat mededinging so sterk is nie. Benader die res van 2019 met 'n hernude digitale ingesteldheid wat nie net die deure sal open na ongelooflike geleenthede nie, maar ook jou en jou besigheid aan die voorpunt van landbou in Suid-Afrika sal hou. 32 SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019