Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 32

NUUS | NEWS allegaartjie Senwes al 26 jaar deel van Ottosdal Draf en Trap  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur LANDBOUERS, HET JULLE al gehoor van die Senwes geborgde Ottosdal Draf en Trap? Wel, dit is verseker die beste uitvoerproduk van die landboudorpie Ottosdal wat vanjaar op Saterdag, 26 Januarie 2019, hulle 26ste bestaansjaar gevier het. Senwes loop al vir dekades die pad saam met hulle sedert 1994. 4 083 sportlui en 11 000 besoekers het vanjaar op die Noordwes dorpie toegesak. Senwesters, asook die Hinterlandtak se waterpunt, is al sinoniem met die grootste gekombineerde sportgebeurtenis in die Noordwes. Daar was oudergewoonte elf items, drie bergfietsritte, vier padfietsritte asook vier padwedlope. Die Draf en Trap het vanjaar ook ’n stap die toekoms in gegee met atlete se tye wat vir die heel eerste keer met elektroniese skyfies geneem is en die resultate baie vinniger beskikbaar sal wees as in die verlede. Voorwaar ’n toekomsstap in die regte rigting. Sekretaresse en organiseerder Willa Naudé noem dat hulle deur die jare gegroei het en ongelooflik dankbaar is vir die ondersteuning van alle organisasies, landboumaatskappye soos Senwes en borge wat in enige hoedanigheid by die Ottosdal Draf en Trap betrokke is. Hulle maak jaarliks reg vir meer as 3 500 atlete en 1 400 fietsryers. Voorsitter Jaco Bamberger vertel ook dat dit ’n eer is om die geleentheid vir die gemeenskap, atlete en fietsryers aan te bied. Welgedaan Ottosdal Draf en Trap! Kyk na die video-insetsel oor die 2019 Ottosdal Draf en Trap by die skakel http://senwes.co/ drafentrap19 of skandeer die QR-kode: Hou jou voete op die grond, maan BFAP  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur TYDENS 'N ONLANGSE besoek aan Senwes Hoofkantoor in Klerksdorp het Divan van der Westhuizen, BFAP Bestuurder: Plaasinsetverskaffing, gemaan dat dit absoluut krities is vir BFAP om hulle voete deurlopend op die grond te hê. Gereelde besoeke aan landbouorga­ nisasies is nodig om hulle navorsing te belyn en te verfyn. Hy ag sulke sessies met markleiers as absoluut noodsaaklik om toegepaste en industrie-relevante navorsing met landboubesighede, ver- skaffers en die privaatsektor te deel om 30 die relevansie van ons analise en navor­ sing te reflekteer. In terme van 2019 het hy gemaan dat daar maar altyd onsekerhede sal wees wat bestuur moet word. Onsekerhede rakende die 2019 nasionale verkiesing, beleggingsekerheid, grondonteiening sonder vegoeding en dat dit en ander aspekte jou besluitnemingsprosesse beïn- vloed. In sy voorlegging het hy spesifiek na die intensiteit van 2015 en 2016 verwys en natuurlik na die implikasies daarvan, waarvoor hulle baie sensitief is. In tye soos dié is vroeë waarskuwingsindikatore nodig om ons te lei. Hy het weereens gesê dat indien ‘n swak El Niño sisteem SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 Divan van der Westhuizen, BFAP Bestuurder: Plaasinsetverskaffing sou ontwikkel, dit nie ’n gegewe is dat dit ‘n droogte impliseer nie. Sy raad is om altyd wakker te wees, om dinge raak te sien en dit in jou besluitneming toe te pas. “Maar boere moet doen wat hulle die beste doen - en dit is om te boer.”