AREAFOKUS | AREA FOCUS
Fonteine
van vernuwing
in Bloem
Vir ‘n tak wat vanjaar al vir die 27ste jaar een van die grootste takke en vulstasies in ons
midde is, is Bloemfontein se opgradering beslis iets om oor huistoe te skryf. Letterlik!
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
D
ie tak, wat op 19 Junie
1992 sy deure amptelik vir
Bloemfonteiners geopen
het, het die afgelope tyd
’n welkome vernuwende verandering
ondergaan. So, indien jy ’n tydjie terug
in Bloemfontein was, is dit beslis tyd om
weer by die tak ’n draai te maak.
BARS UIT SY NATE
Die laaste keer toe Senwes Scenario dié
juweel amptelik besoek het, was in 2016
en sedertdien is daar talle verbeterings
aangebring.
MAAK VOL ASSEBLIEF
Wat ’n tenk vol. Die vulstasie by ons
Hinterlandtak het vanaf 30 Augustus
2018 nuwe brandstofpompe, ’n wyer
rybaan vir beter verkeersvloei, waar tot 6
voertuie gelyktydig gehelp kan word, ‘n
breër toegangspad, opgegradeerde nuwe
26
draadlose pompeenhede en nou kry jy
ook 95 oktaan ongelode brandstof, nuwe-
generasie elektroniese pompe vir bande
waar jy net die gekose druk insleutel,
nuwe vleklose staal asblikeenhede,
opgegradeerde LED-beligting met
’n kleiner CO 2 voetspoor en ook ’n
dampherwinningstelsel op die ventilasie-
eenhede om die verdamping te verminder
en lugkwaliteit te verbeter.
VOLLEDIG TOEGERUSTE OK EXPRESS
In die proses is die geriefswinkel ook
opgegradeer na ’n volledig toegeruste OK
Express winkel.
Takbestuurder Gerhard Odendaal
vertel dat die voete inderdaad verdubbel
het met ’n besige kombuis met heerlike
wegneemetes wat deur twee kokke
voorberei word, asook heerlike koffie,
lottokaartjies, lugtyd en voorafbetaalde
elektrisiteit in die winkel - daar is selfs
kopseerpille en groente.
Die klanttoilette is ook nou gestremd
vriendelik en ’n nuwe kiosk is vir petrol
joggies opgerig. Alles is 24-uur, sewe dae
SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019
van die week beskikbaar.
PERSONEELONTWIKKELING
’n Besige takbestuurder moet die
vrymoedigheid hê om te delegeer en met
sy 105 personeellede kan Gerhard dit
verseker doen. Gerhard kry binnekort ook
’n assistent-bestuurder om die verbeterde
winkel met die 54 winkelpersoneel, 27
Senwes Equipment personeel en 24
personeellede by die vulstasie te bestuur.
Gerhard voel die verbeterde vloei en
gelukkige personeel berei hulle voor om
die produsent en stadsklant optimaal te
bedien. En dit, tesame met die jaarlikse
ekspo, Bloemskou en tweemaandelikse
besoek van die bloedbank, help
om soveel voete as moontlik na die
besonderse tak te lok.
WINKEL VOLGENDE OP DIE LYS
Dit is steeds nie die einde nie. Die winkel
is geskeduleer om verdere opgradering in
Februarie 2019 te ondergaan.
Sterkte met die opgraderings
Bloemies!