LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
15 | Die gebruik van groeibevorderaars in voerkraalbeeste
byvoegsel is soortgelyk aan molekules
wat natuurlik in die liggaam voorkom,
naamlik katekolemines. Dit is nie anti-
mikrobies of ’n hormonale aanvulling
nie. Gewone asmamedikasie is ook
beta-agoniste. Die naam beskryf wat
die produk se funksie is. Adrenergies
verwys na adrenalien en agonis (tee-
noorgestelde van antagonis) wat saam-
werk. Die beta verwys na die spesifieke
reseptor wat adrenalien op die spiersel
bind. Adrenalien verander die vloei van
bloed vanaf die ingewande na die spiere
gedurende die tipiese ‘veg of vlug’ reaks-
ie. Soortgelyk, verander beta-agoniste die
vloei van voedingstowwe na die spiere en
weg van die ingewande en vetneerleg-
ging sodat meer groei kan plaasvind.
Beta-agoniste verminder proteïenom-
set deur proteïenneerlegging te verhoog
en spierafbreek te verlaag. Dit lei tot
’n toename in soiergroei en afname in
vetneerlegging. Beta-agoniste word aan
die einde van die voerperiode toegedien
wanneer spiergroei afneem, vetneerleg-
ging toeneem en VOV swakker word.
16
’n Persoon moet 180 porsies vleis of 30
porsies lewer van beesvleis wat beta-ago
niste ontvang het, inneem om dieselfde
effek as een toediening asmamedikasie
te kry.
IS GROEIBEVORDERAARS IN
BEESPRODUKSIE NODIG?
Om hierdie vraag te beantwoord, is daar
’n maklike en ’n meer ingewikkelde ant-
woord wat ook ’n ‘kopskuif’ noodsaaklik
maak. Die eenvoudige antwoord is om
saam met die aandrang van aktiviste te
stem wat van enige vreemde, nuwe en
daarom onnatuurlike produk ontslae wil
raak. Hulle verkondig gewoonlik ’n siening
van die algemene publiek wat wetenska-
plik onkundig is en inderdaad ’n behoefte
aan veilige voedsel het. Hierdie persone
het gewoonlik nie ’n begrip van die kon-
teks, wetenskaplike inligting en veilige
grense wat vir die gebruik van ’n produk
nodig is nie - in hierdie geval beesvleis.
Vir hierdie rede is dit vir elke beesvleis-
produsent nodig om met die konteks en
wetenskaplike inligting van nuwe tegnolo-
SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019
gie vertroud te wees.
Deur geen groeibevorderaars te gebruik
nie, sal diere wel oorleef en ook gesond
wees. Beesvleis sal ook geproduseer kan
word maar betekenisvol minder produk-
tief, tot die mate dat die beskikbaarheid
sal afneem en/of die prys van beesvleis
sodanig styg dat dit nie vir die gewone
man op straat beskostigbaar is nie. ’n
‘Kopskuif’ is nodig om die beesbedryf
toe te laat om nuwe tegnologie steeds te
gebruik om die verbruiker van veilige, hoë
kwakiteit produkte te midde van stygende
voer en grondpryse te voorsien. Dit moet
ook gedoen word deur die omgewingsim-
pak te verlaag. Soos met enige verfynde
tegnologie, sal groeibevorderaars met
verantwoordelikheid en omsigtigheid, maar
ook met selfvertroue en vrymoedigheid
toegepas moet word om die voordele
daarvan te benut.