Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 14

NUUS| NEWS Die hart van Hartbeesfontein Veiligheid is die wagwoord Elke dorp of stad het ’n hartklop, en by Hartbees­­fontein is een van die pol- sende kloppe verseker Hartbeesfontein Veiligheid.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D André Roux in die beheerkamer, waar sewe skerms die omgewing in ‘n 40km radius fynkam. it kom jy dadelik agter in die ingerigte beheer- kamer, wat my paraat inwag nadat hulle my seer sekerlik van die R507 en R503 gewaar het, soos per ons afspraak op die betrokke dag. Die voorsitter van die Hartbeesfontein Landbou­ vereniging, Jaco Maré, vertel dat hulle altyd veiligheid hoog op die agenda plaas. Met die kommando’s se slui­ting in 2005 het die bevelsgroep, John Lemmer, Frik Lemmer, Jaco Maré, André Kilian, Jan Meiring en Carlos da Silva oorgegaan na die ‘Hartbeesfontein veiligheidsgroep. Een van die belangrikste kopskuiwe was om daarna by een van die veiligheidsleiers, Smithfield Boerevereniging, te gaan kers opsteek, waarna hulle besluit het om hulle beheerkamer te vestig. Dit is opgevolg in 2016 met sein- torings wat op strategiese plekke geplaas is. Die eerste sewe was in fase een in 2016, vinnig gevolg deur nog sewe in fase twee en na fase drie was daar 22. Sestien van die torings word van direkte krag voorsien met ses wat met sonpanele en batterye toegerus is. DOEL IN AKSIE Wanneer hulle tot aksie oorgaan, is die doel van die veiligheidspan om noodhulp toe te pas indien nodig, die gebied af te sper en te be­vei­ lig. Hulle is daar om plaasaanvalle, rooftogte en diefstal te hanteer en te bekamp asook om bystand vir die polisiediens te verskaf binne die perke van die wet. Raad wat Jaco het, is om gebeurlikheidsplanne in werking te stel asook om goeie en effektiewe samewerking met die SAPD, buurtwagte, ensovoorts te hê. Hulle het ook gereelde strategiese sessies en padblok- kades om sigbaar te wees, is in gesprek met die VIS en met Noordwes Agri en Agri SA, wat hulle nog altyd goedgesind is. KAMERAS EN SEINTORINGS Van die 22 kameras en seintorings is selfs bo-op Senwes silo’s gemonteer, naamlik Werda Silo, Melliodora Silo asook Hartbeesfontein Silo. Kameras is selfs op ses pro- dusente se plase geplaas op reeds bestaande torings en hulle bedank almal vir die goedgunstigheid. KOSTE EN PERSONEEL So ‘n stelsel kan etlike duisende of miljoene kos met duisende rande se maandelikse koste. Hoewel daar baie skenkings is, moet baie koste self gedra word. Hartbeesfontein Veiligheid het vyf per- 12 SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019