Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 12

NUUS Agbiz Vooruitskouing 2019 – Wees gereed! As ons enigiets geleer het by die Agbiz Vooruitskouing 2019, is dit dat ons reg moet wees vir enigiets, volgens Agbiz HUB John Purchase, toe hy gepraat het oor die vooruitskouing vir 2019 en verder.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur H y het genoem dat “dinge be­­ slis aan die verander is, maar wat die uiteinde daarvan gaan wees, weet ons nie.” Hy het na China en die VSA verwys en hoe alles van hier af sal ontwikkel. Dit is duidelik dat China en Rusland ’n impak wil maak op lande soos Engeland en Japan en begin hul stempel al hoe meer afdruk in Afrika. Godsdienstige fundamentaliste is steeds ’n probleem in veral Afrika, selfs in Suid-Afrika en in Noord-Mosambiek. Hierdie aspekte “versteur goeie orde”. ’n Ander kwessie wat aangespreek moet word is Brexit en die EU en die onseker- hede daar rondom: “Engeland se BBP sal daal, daar is geen twyfel daaroor nie. Dit skep egter sekere geleenthede vir Suid-Afrika en die landbousektor.” Aan die ander kant van die Atlantiese Oseaan is daar weer “die Amerikaanse President Donald Trump se dinami- ka - die manier waarop hy besigheid doen en sy pligte uitvoer is beslis anders. Hy het basies die reël- boek herskryf.” Daar is groot onsekerheid regoor die wêreld en Suid-Afrika is in der waarheid een van die lande met meer sekerheid. Sy raad is om ’n meer voor- spelbare omgewing te skep. DIE INTERNET VAN DINGE (IOT) “Die internet dryf steeds globalisering en dit gaan nie verander nie.” Een ding wat wêreldwyd verander is grootskaalse migra- sie en die humanitêre rampe wat dit kan meebring. Dit sal ’n impak hê op landbou en die voedselstelsel. Daarbenewens lyk die statistiek met betrekking tot omge- wingsvolhoubaarheid nie goed nie en ons is beslis nie besig om die omgewing en aardverwarming te verbeter nie. “Ons ervaar veranderende weerpatrone in Suid- Afrika en dit sal ’n impak op landbou hê, daarvan kan jy seker wees.” WÊRELDBEVOLKING 36% van die wêreld se bevolking is in Indië en China. Afrika sal die 1 miljard bevolkingsyfer in 2050 bereik. “Die punt is, ons sal stelsels in plek moet kry om voedsel aan mense te verskaf, anders gaan ons ’n slegte nalatenskap in Afrika los.” Die totale dina­mika kan ’n massiewe geleentheid of ’n massiewe risiko wees. Agbiz HUB, Dr John Purchase, het die Orde van Landboumeriete (Mérite Agricole) van die Franse Ambassadeur, Christophe Farnaud, op 5 Desember 2018 ontvang. Die Orde van Landboumeriete word deur die Franse Republiek toegeken vir uitstaande bydraes tot landbou.Hy het Purchase bedank vir die uitstaande diens wat hy lewer en die feit dat hy homself onderskei het as 'n leier op sy gebied. 10 SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 POLITIEK “Jy kan nie politiek en die ekonomie skei nie.” Die ANC is steeds in beroering en die DA en EFF is nie meer lewensvatbare koali­sies nie en ondervind hul eie proble­ me. Skattings met betrekking tot die 2019 nasionale verkiesing is dat die ANC slegs 55% van die stemme sal kry, die DA sal in die 22-23% omgewing bly en die EFF sal ’n groot aantal stemme wen (16%), maar dit kan nader aan die verkiesing verander. Politieke onsekerheid is nie goed vir die ekonomie nie, aangesien dit beleg- gers ontmoedig. Een belangrike feit is dat die BBP in randterme die effek daarvan verbloem. Tydens die Zuma administra- sie, het die BBP vanaf $8 000 tot $5 200 per capita verlaag. Dit beteken dat Suid- Afrikaners meer as 25% armer is - “Die grootste impak is op die armes. Dit is ’n nagmerrie, maar ons moet dit nou veran­ der.” Die staats­kas is onder druk en dit is ’n stryd om sala­risse by openbaredienste- maatskappye te betaal en staatsbeheerde ondernemings te befonds. Die effek van die fiskale beste­ding en die BTW begro­ tingsbalans, beloop ’n volle een persent tekort ten opsigte van die begrotings vir die volgende vier jaar - “So, Suid-Afrika betaal meer om sy skuld te diens, maar ons het nie werklik ’n keuse as om voort te gaan om die bevolking te dien nie.” Hy het daarmee afgesluit dat genoeg nou genoeg is. Ons moet die regering sover kry om regulatoriese funksies uit te voer en om proaktief te wees om die ekon- omie aan die gang te kry en beleggings te bevorder.