Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 11

INNOVASIE INTERESSANTE FEITE: 0 7 | Die skuif na landboutegnologie Dit is interessant dat daar ’n addisionele gevolg van versnelde verandering is wat meer van toepassing is op die besigheids- en ekonomiese wêreld. Dit is nie net die spoed van verandering wat versnel nie, maar om verskeie redes is markte in staat om vinniger aan te pas by nuwe tegnologie: Nuwe produkte genereer miljoene gebrui- kers binne slegs ’n paar maande en die speletjie Pokémon Go dien hier as interes­ sante voorbeeld van hierdie potensiaal. Die speletjie het die 50 miljoen gebruikermerk binne slegs 19 dae behaal, wat ’n oogknip is in vergelyking met voertuie (62 jaar), die telefon (50 jaar) of kredietkaarte (28 jaar). Nuwe tegnologie word teen ’n toene- mend vinniger pas versnel - en word teen rekordspoed deur die markte aanvaar. Dit is dus veilig om te sê dat die toekoms ons teen ’n verblindende spoed nader. LANDBOU EN TEGNOLOGIE = AGTECH Die interessante vraag is wat hierdie geweldige vordering vir landbou beteken. Om die beste van ’n boerderybe- sigheid te maak was altyd ’n uitdaging, maar hedendaagse boere staar omstan- dighede in die gesig wat ’n nuwe vlak van moeite en besorgdheid vir hul besigheid dikteer, soos veranderende weerpatrone en die beskikbaarheid van bewerkbare grond. Soos wat uitdagings moeiliker raak, trek boere voordeel uit tegnologiese vordering ten einde boerdery-aktiwiteite te optimaliseer. Deere was nog altyd in ’n noue vennootskap met die boer om die gebruik van tegnologie op die plaas te bevorder en oor tyd het dit duidelik geword dat klante toenemend meer insig moet verkry ten einde hul behoeftes aan te spreek. Baie partye buite die sfeer van boerde­ ry is moontlik nie bewus daarvan dat Deere al vir baie jare in toonaangewende tegnologie belê nie. “Outomatisering, nagebootste intelligensie en opleiding op masjinerie is ’n paar belangrike tegnolo- gies aspekte waarop ons fokus ten einde ’n ontwikkelende en meer effektiewe plaas te bou”. Dit is volgens John Stone: Senior Visepresident van John Deere. John Deere en sy netwerk van agen- te, soos Senwes, streef daarna om toonaangewende tegnologie te gebruik vir die oplossing van probleme en om geleent­hede te skep om te verseker dat hul klante die mees winsgewende en volhoubare produsente in die wêreld sal wees. Ons beweeg van groter, vinniger en sterker masjiene na oplossings wat meer geoutomatiseerd, makliker en meer noukeurig is. Ons bewys ook dat die stelling van “Nothing Runs Like a Deere,” uitgebrei kan word na “Nothing Thinks Like a Deere”. VERWYSINGS: The 8 Major Forces Shaping the Future of the Global Economy https://www.visualcapitalist.com/the-8- major-forces-shaping-the-future-of-the- global-economy/ John Stone: Driving Digital Farming at Deere https://www.cta.tech/News/i3/ Articles/2018/November-December/ John-Stone-Driving-Digital-Farming-at- Deere.aspx?sf97323769=1. SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 09