Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 6

NUUS Die regte besigheidskopskuif vir 2019 Senwes Scenario het by Francois Strydom, Senwes se Groep Hoof Uitvoerende Beampte, gaan inloer en met hom gesels oor die stand van landbou en watter kopskuiwe produsente sal moet maak om te oorleef.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D ie jaar 2019 is ’n unieke jaar. Soos elkeen daarvoor, veral in landbou. Wie kan nog die klok terugdraai na 2015? Toe het ons gedink: “Dit is so sleg as wat dit moontlik kan gaan met die laagste reënval in amper 107 jaar.” En kyk waar is ons nou in 2019, met die nasionale aanplan­ tings wat laer is as die aanvanklik gepro- jekteerde intensie en die seisoen wat tus- sen 6 en 8 weke laat gaan wees. Reënval 04 in die westelike deel is selfs nog laer as in 2015, tans is ons by minder as 60% van die 30-jaar gemiddeld. Die verwagte reënval het nie gerealiseer nie en die weerfenomeen het veroorsaak dat neerslag nie plaasvind nie of dat dit baie min reën. Wat die seisoen ook uniek maak, is dat dit ’n produsent gemid­deld drie jaar neem om homself uit so ’n situasie te bestuur en ons is nou eers in daardie derde jaar sedert die 2015/16 droogte. Opmerklik is die feit dat die reënval in die ooste en dele van die noorde redelik goed is, maar in die Wes- en Verrewes- Vrystaat baie sleg, wat die kwaliteit en SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 kwantiteit van graan gaan beïnvloed. Huidige skattings is dat 15% tot 20% minder mielies aangeplant gaan word op ’n nasionale basis. SA kan dus tussen 7 en 10 miljoen ton mielies produseer. Die seisoen en die mielieprys het op 14 Januarie 2019 klaar deur die vlak van R3 000 per ton beweeg, wat positief is indien jy ’n oes het. Die realiteit is dat individuele produ­ sente erge probleme gaan ondervind en ons dus in die toekoms minder pro- dusente gaan hê wat slegs op hulle beter areas en streke gaan aanplant, wat teo- reties natuurlik meer bestendigheid kan