PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS
Brahmane is Willie Jacobs se kos
Ons lewe in ‘n baie vinnige era waar dinge binne ‘n oogwink kan verander en ‘n kopskuif
soms nodig is om die toekoms aan te pak. So is dit ook die geval met Willie Jacobs,
eienaar en stoetteler van die Jacobs Brahmane, wat die laaste drie jaar by die Hinterland
Nasionale Interraskampioenskap uitsonderlik presteer het.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
M
aar dit was gewis nie so
maklik soos 1, 2, 3 nie.
Willie se verhaal het in 2012
as kommersiële produsent
begin, maar met die droogte van 2016
was ’n ander denkrigting nodig om in dié
geharde landbou-omgewing te floreer.
Dit was toe dat hy besluit het om slegs as
stoetteler toe te tree.
Volgens Hinterland se Phillip Lee,
Diereoplossingsbestuurder is Willie
een van min stoettelers, naamlik
hyself en John Devonport, wat ’n
finalis by al die Hinterland Nasionale
Interraskampioenskappe die afgelope drie
jaar gehad het.
In 2016 het hy met die Brahman koei
Sugar, oftewel VDM143 presteer, in
2017 weer met Sugar waarna hy in 2018
met die Brahman bul genaamd Magic
(AJS17675) asook Saartjie (GPCK16737)
nasionale finaliste was.
Wat Willie verder uniek maak, is dat hy
’n wit én ’n rooi stoet het. Willie se filosofie
is eenvoudig, maar effektief - hy het ten
doel om een van die beste kuddes te teel.
En met sy finaliste is Willie verseker op die
regte pad.
Die 41-jarige wat in Klerksdorp
gebore en getoë is, het landboubloed
in sy are. Sy oupa, Willem Jacobs, het
met kommersiële beeste op Klipfontein
tussen Klerksdorp en Wolmaransstad in
Noordwes geboer. Die nederige teler is
veral in sy noppies met die Hinterland
interraskompetisie waar niemand regtig
teen mekaar kompeteer nie en elkeen so
22
te sê in sy eie reg deelneem.
Hy lig ’n paar dinge aan Senwes
Scenario uit oor hoekom hy sukses behaal
het: “Dit is natuurlike goeie genetika en
dan moet deeglike voorbereiding gedoen
word. En dan kan jou touleier dit ook
maak of breek. In die geval Barend van
Staden, die 2018 Hinterland Nasionale
Touleier van die Jaar @ALFA, oor wie ons
ook in dié uitgawe berig.
Dit is hier waar Willie sy vertroue 100%
in Barend plaas en hoewel nog vroeg in
sy touleierloopbaan, is hierdie regtig nog
SENWES SCENARIO | KOPSKUIF • MIND-SHIFT 2019
’n juweel wat in die kraal geteel is. Nog ’n
feit is dat hulle wel in spanverband goed
presteer, wat hy as nog ‘n rede vir hul
sukses aanvoer soos hy na Barend as sy
hoofseun verwys wanneer dit by die skou
van hulle diere kom.
Soos Willie reeds van kommersiële
boer tot stoetteler beweeg, is hy
vasberade om deurlopend uit te brei. Die
dat hy ook tot produksieveilings gaan
toetree om goeie kommersiële en vroulike
diere aan die mark te verskaf.
Teel so voort Willie Jacobs!
Willie Jacobs en sy Brahman-
bul Magic, wat al naam gemaak
het in dié bedryf.