Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 8

•••• HOOFARTIKEL
6
> VERVOLG VAN BLADSY 5
trale gebied was daar redelik normale reënval . Suid tot suid-wes was reënval egter baie laag , veral in die Bultfontein en Hoopstad gebied .
Ons kan dit ook in die spanderingsvermoë van produsente sien . Die aanplantingsyfers is heelwat laer , hoewel die voorneme om te plant baie hoër is . Produsente moet hulself uit die moeilikheid uit produseer . Die Here se genade was baie duidelik oor die laaste week van Desember 2016 en die eerste deel van Januarie 2017 . Ons westelike deel het gemiddeld meer as 100 mm ontvang , wat vooruitsigte drasties verbeter het .
BETER VOORBEREID AS EINDE 2015 Daar is wel vanjaar vroeg met aanplantings weggespring . Teen begin Desember 2016 was sowat 60 % reeds aangeplant . Hierdie seisoen lyk omstandighede baie beter as dieselfde tydperk verlede jaar . Die grondvogstatus is beter , boere is voorbereid en ek dink daar is relatief min mense in ons gebied wat uit ‘ n finansieringsoogpunt nie geholpe is nie . Indien die reënvalpatrone sou normaliseer behoort volumes in die volgende produksiejaar te begin optel , wat die hele produksiesiklus en besigheid sal stimuleer . “ Hierdie is die middelste jaar , die moeilikste jaar .”
KLANTGEFOKUS Ons balansstaatbestuur , kapitaalallokeringskoste en effektiwiteit
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
moet dus op die hoogste vlak wees . Die hooffokusarea van ons strategie , die doel hoekom Senwes bestaan , is om geen ander rede as vir sy klant nie . Dis waar dit alles begin . Al die ander belange kan nie gediens word as daar nie ’ n transaksie plaasvind nie . Dit verskaf werk aan personeel en insetverskaffers het ’ n plek om hul produk te lewer , die regering ontvang inkomstebelasting en die aandeelhouer ’ n opbrengs op belegging . Logies dat die direksie die besluit geneem het om nie nou ’ n dividend te oorweeg nie .
FOKUS OP DIE KLANT Ons strategie is om te sorg dat die klant die middelpunt is en sal bly . Ons tree in die belang van die klant op . Die personeel se uitsluitlike doel moet wees om die prioriteit van die klant te verstaan . Hier moet personeel toegevoegde waarde bied in terme van kennis en markintelligensie . Die integrering van die besighede is belangrik , anders kan die klant se behoeftes nie geprioritiseer word nie .
Ons het OneAgri geloods , met ’ n sentrale identiteit wat makliker en geïntegreerde toegang vir die klant bied . AgriRewards is nog ’ n wyse waarop die klantebasis beloon word vir die besigheid wat met Senwes gedoen word . Senwes Equipment het ook na die Oos- Kaap uitgebrei , naamlik na Aliwal- Noord , Ugie en Oos Londen en JD Implemente het na George uitgebrei . Ons het ook die JCB agentskap tot Senwes Equipment gevoeg . Ons gaan ook steeds verder met ons groot belegging aan die Grainlink kant om produsente te help deur graan teen ’ n hoër vogpersentasie te ontvang .
UITGEBREIDE STRATEGIESE DOELWIT Ons is besig met die eksternalisering van ons besigheid . Ons kyk dus na ander risiko-areas in die wêreld , ander verdienstegebiede . Met die verswakking van die rand sit ons met die probleem dat ons in randterme beter af is , maar in internasionale geldeenhede swakker af is .
GEEN DIVIDENDE Die preservering van die maatskap py is altyd die hoogste prioriteit en sal dit altyd wees . Dit is vir my baie gerusstellend dat ons twee groot blokke aandeelhouers het . Senwesbel hou 52 % en Grindrod 22 % van die aandele in Senwes . Die direksie het ook baie maklik die besluit geneem om nie dividende uit te betaal nie , aangesien die prioriteit van die direksie die klante , personeel en insetverskaffers is .
BOODSKAP AAN PERSONEEL ’ n Groot dank gaan uit aan ons personeel . Dankie vir die wyse waarop julle die klantebasis hanteer en die ondersteuning aan insetverskaffers . Julle is die mense wat ons besigheid maak werk . Julle is die ouens wat die krediet moet kry . Dan erken en bely ons openlik dat ons in die Hand van die Here is . Ons leef in Sy genade . Ons gee die eer aan die Here vir alles wat in ons maatskappy gebeur .