Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 57

•••••••
TOEKOMSFOKUS
•••
Daar is beslis verandering in die lug … nie net weens die draai van die seisoen nie , maar ook weens die draai van die jaar .
Ander belangrike tendense is die volgende : 1 . Produsente moet slimmer , beter en meer effektief word ten einde te kan voldoen aan die groeiende vraag vir voedsel , vesel en energie .
2 . Wetenskaplike ontwikkelinge sal deurlopend nuwe metodes bekend stel waarmee oes- en veeopbrengs verbeter kan word .
3 . Deur nuwe metodes , produkte , vennootskappe en idees te aanvaar , sal boere floreer .
4 . Landbou sal waarskynlik ’ n groot rol speel in lande wat poog om hul afhanklikheid van olie en natuurlike gasse te verminder . Daar word verwag dat daar ’ n nuwe inkomstestroom van $ 1,2 miljard sal wees vir Amerikaanse boere en plattelandse grondeienaars wat betrokke raak by nuwe energiebronne soos windkrag .
5 . ’ n Nuwe generasie van tegnologies-gespeende , innoverende jong mense sal die familieplase oorneem en nuwe boerderytegnologie inspan op hul plase .
6 . Data-gedrewe landbou sal akkurate inligting , kunsmisskedules en verbeterde presisie verskaf ten opsigte van die gebruik van hulpbronne en sodoende koste-effektiwiteit bevorder . Vinnige besluitnemingsprosesse word moontlik gemaak deur sogenaamde slimfone .
7 . Groot chemiese maatskappye fokus op die gebruik van biologiese organismes om onkruid , insekte en siektes te beveg . Dit sal ’ n veranderde denkwyse met betrekking tot chemiese kontrolemaatreëls verg .
8 . Regulatoriese vereistes is ’ n frustrerende tendens in landbou aangesien druk op boere geplaas word om rekord te hou van die oorsprong van kommoditeite en produkte wat vir verbruiksdoeleindes geproduseer word . Die sogenaamde papierspoor sal akkurate rekordhouding deur produsente verg .
9 . Vennootskappe sal sukses be ­ paal . Geen individu of organisasie weet alles nie . Daar sal meer vennootskappe gesluit word tussen produsente en ad viseurs , verskaffers , aankopers en kleinhandelaars .
Carroll maak die punt dat boere innoverend kan wees , maar van hulle is nog steeds vasgevang in negatiewe denkpatrone . Die ‘ Apatiese Minderheid ’ is geneig om dieselfde ou advies vanaf dieselfde ou bronne te bekom , hulle is bang om nuwe idees of innovasie uit te toets en het ’ n lae risikotoleransie . Aan die ander kant is die ‘ Futuristies Positiewe ’ boere optimisties en hulle beskou die vraag na verhoogde voedselproduksie as ’ n reuse geleentheid . Hulle is besigheidsgeöriënteerd en gewillig om nuwe idees uit te toets . Hulle benadering is samewerkend van aard en hulle fokus op die smee van sakebande . Hulle skakel met alle generasies en neem kennis van die wysheid van die ouer boere sowel as die meer tegnologiese benadering van die jeug . Hulle winslyn het drie drywers , naamlik
wins , beplanning en groei en hulle sal aanpassings maak om al drie hierdie doelwitte te bereik .
Op die hoogtepunt van die Kodak maatskappy se sukses was Kodak die vierde mees waardevolle handelsmerk in Amerika , ná Disney , Coca-Cola en McDonalds . Toe word die digitale kamera uitgevind deur ’ n Kodak-ingenieur in die sewentigs ; maar nêrens in die proses was dit nodig om ’ n 35mm-film of enige chemikalieë , waarop die totale Kodak besigheids model gebaseer was , te gebruik nie . Kodak se bestuur het glad nie die bedreiging wat dit vir hul wins ingehou het , besef of herken nie . Hulle versuim om te verander en aan te pas na ’ n digitale era het aanleiding gegee tot ’ n dramatiese verlies aan markaandeel en in 2012 is Kodak insolvent verklaar .
Wat kan ons hieruit leer ?
• Wees altyd op die uitkyk vir die ‘ volgende groot ding ';
• Moet nooit vergeet waar jy vandaan kom en hoekom jy in die eerste plek begin het nie ;
• Tegnologie verander , erken die waarde daarvan ;
• Wees buigsaam , innoverend en neem onverpoosd slim besluite ;
• Inkorporeer verandering as deel van jou besigheidsmodel , toets nuwe dinge en leer uit jou foute .
Ten einde ’ n ‘ Toekomspositiewe ’ boer te wees moet jy verandering aanvaar , gewillig wees om te leer - en weer te leer - en innoverend wees . Anders loop jy die risiko om jou eie “ Kodak-oomblik ” te beleef !
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 55