Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 55

•••••••

My interpersoonlike verhoudings in gedrang !

' N BOER MAAK ' N PLAN •••
DS . CAREL BOTMA
ONS HET IN DIE VORIGE GEDEELTE GESELS OOR HOE STRES DIE MENS SE EIEWAARDE OF SELFBEELD KAN AANTAS EN HOE HIERDIE LAE SELFWAARDE JOU ONTNEEM VAN DIE VRYMOEDIGHEID OM SINVOLLE VERHOUDINGS MET ANDER MENSE AAN TE KNOOP EN TE HAND HAAF - DIT KAN OOK SELFS JOU BESTAANDE VERHOUDINGS AANTAS ! IN VANDAG SE GEDEELTE GAAN ONS BREEDVOERI GER KYK NA DIE IMPAK VAN STRES OP VERHOUDINGS .

In Genesis 4:1 tot 8 lees ons van die aarde wat rooi bevlek was , want ’ n man se bloed het gevloei . Wat hierdie gebeure so tragies maak , is die feit dat sy broer die oorsaak van sy dood was . Die mensdom het met hierdie moord vir die eerste keer kennis gemaak met menslike verhoudings wat skeefloop . Maar kom ons plaas hierdie tragedie eers op die agtergrond voordat ons dit verder neem .

Wanneer ’ n mens nie met homself tevrede is nie , is hy ook nie tevrede met dit wat hy bereik , dit wat hy besit en die mense in sy lewe nie . Hy raak onvergenoegd en ontevrede met nie net sy eie lewe nie , maar ook met alles in sy onmiddellike omgewing .
Die gras word groener aan die ander kant van die draad en hy begin om sy naaste se huis , vrou , slaaf , slavin , sy beeste en donkies en alles wat aan hom behoort , te begeer . ’ n Ander se suksesse begin my irriteer , want heimlik is ek jaloers daarop .
En jaloesie kan dan uiteindelik die reeds swak menslike of sosiale verhoudings nog verder verswak . Luister ’ n bietjie na wat die Prediker sê in hoofstuk 4:4 : “ Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses , uit onderlinge afguns kom .” In ekstreme vorme kan die bloed uiteindelik vloei . Soos met Kain en Abel ...
Naas al hierdie gegewens is daar egter nog ’ n aspek waarmee ons rekening moet hou . En dit is die simptome van stres wat op hulle beurt ook ’ n negatiewe invloed op sosiale of interpersoonlike verhoudings kan hê . Hierdie simptome is onder andere geïrriteerdheid , rusteloosheid , emosionele onstabiliteit en depressie . Hierdie simptome beperk nie net ons vermoëns om sinvol te kommunikeer nie , maar dit verminder ook ons vermoëns om frustrasies te hanteer . En dit kan lei tot emosionele uitbarstings .
Wees nou eerlik en dink ‘ n bietjie mooi na . Hoe dikwels moet jou vrou , man , kinders , kollegas of werknemers dit ontgeld ? Of dalk God , die dominee of die kerk ? Of jou buurman ? Tot watter mate het jy vir hulle ’ n vreemdeling geword ? Het mense nog respek vir jou , of is dit wat jy dink respek is , blote vrees van hulle kant af ?
Ek kan so goed verstaan dat jy met ’ n geweldige klomp opgehoopte woede en aggressie sit en dat baie van hierdie woede teenoor jouself gemik is - omdat jy nie meer van jouself hou nie . Dit is te verstane dat ’ n mens hiervan ontslae wil raak en dat mense na aan jou gewoonlik dan daaronder moet deurloop .
Maar onthou , mense het nie altyd die insig en vermoëns om te weet wat in jou binneste aangaan nie en daarom sal dit vir hulle makliker wees om eerder van jou af te onttrek en dit terwyl jy eintlik hulle liefde en ondersteuning nodig het . Dit is nie nodig dat jy ook soos Heman in Psalm 88 hoef uit te roep nie : “ U laat my vriende en bure ver van my af staan ...”
Wat wil ek met dit alles vir jou sê ? Net dit : stres tas nie net jou selfwaarde en -verhouding aan nie , maar dit beïnvloed ook jou sosiale verhoudings op ’ n negatiewe wyse . Soveel so dat jy ook wat dit betref , nie meer inhoud en lewenskwaliteit ervaar nie .
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 53