Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 5

Pieter & Tshepo

ALLES EN NOG WAT •••
•••••••
Theo Vorster , Rozanne McKenzie en Chris Burgess , sowel as Power FM se Mpumelelo Mkabela , mede-aanbieder en voormalige paneellid , deel hulle indrukke oor die Nasie in Gesprek-reeks tot dusver .
THEO VORSTER
“ SEDERT die totstandkoming van die program vier jaar gelede , word die besprekings beslis veel dieper en wyer gevoer en die aspekte wat hanteer word , word in meer detail op meer platforms bespreek . ’ n Ander baie belangrike aspek is dat die program dit duidelik aan die lig gebring het dat landbou nie net die landbougemeenskap raak nie - dit raak die hele Suid-Afrika . Die sukses of mislukking van landbou het ’ n direkte impak op die Suid- Afrikaanse ekonomie .”
MPUMELELO MKHABELA
“ Ek dink die formaat van die program is reg … ek is deel van die paneel en was betrokke by baie van die debatte . Die diversiteit van die insette wat gelewer word is bemoedigend omdat die beeld van die landbousektor en al sy komponente altyd oorwegend wit was . Dit is dus goed om te sien hoe Nasie in Gesprek die stemme van alle verteenwoordigers bymekaar bring - dit is nou waarlik ’ n nasie in gesprek . Ek glo dat die regering intens betrokke moet bly in die sektor . Dit is in die regering se belang om dit te doen , beide uit
Nasie in Gesprek bring stemme van alle verteenwoordigers bymekaar – dit is nou waarlik ’ n nasie in gesprek .
’ n beleidsoogpunt en eenvoudig ook net om dié mense wat vir hulle gestem het , te verteenwoordig . Die regering moet weet wat die meerderheid mense dink oor die bedryf en behoort dan enige kwessies met die rolspelers in die bedryf op te neem .”
CHRIS BURGESS
“ EK dink Nasie in Gesprek is krities belangrik . As jy die huidige politieke debat ontleed , blyk dit dat daar ’ n denkrigting is dat die sosiale samehorigheid wat in ‘ 95 saam met ’ n demokratiese bedeling gevestig is , se tyd uitgeloop het en nou nie meer relevant is nie , dat niks verander het nie en dat die armes armer geword het en die rykes ryker . Ook dat die vrugte van vryheid nie deur die meerderheid geniet kon word nie . Wanneer jy na die breër ekonomie kyk kan so ’ n saak uitgemaak word ... maar as jy na landbou kyk , en ironies genoeg is gewone swart Suid-Afrikaners van mening dat landbou steeds ’ n bedryf is wat minderhede uitbuit , dan is dit die bedryf waar die meeste transformasie plaasgevind het . Die wolbedryf , die graanbedryf , die voedselbedryf - daar was werklike transformasie vir duisende mense en dit hou ook nie net vir ’ n jaar of twee nie . Dit is transformasie wat lewens verander en verbeter en wat sorg dat mense ’ n volhoubare bestaan kan maak .
Ek sou graag swart boere op Nasie in Gesprek wou sien , as ek so vinnig dink , diegene wat bevoor deel is deur transformasie , soos byvoorbeeld in die wolbedryf ... dis nodig dat dié mense hul menings kom gee ...
Ek dink daar is nog baie welwillendheid , veral onder die mense wat die besluite neem in landboubesighede soos Senwes , wat hul oog op die geheelbeeld het .”
ROZANNE MCKENZIE
“ NASIE in Gesprek is belangrik omdat ons as verbruikers , nie genoeg oor landbou dink en praat nie . Ons gaan winkels toe en koop produkte sonder om aan die plaaswerker of die boer te dink . Ons dink nie oor die proses wat gevolg word om die produk in ons trollies te kry nie ... dit is belangrik om te weet want dan het jy ’ n baie beter begrip en waardering vir die kos op jou bord .”
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 3